Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep kinders het Sondag by ʼn huis in Lonely Park geswem.
“Twee broers, ses en 10 jaar oud, en ʼn 10-jarige meisie het verdrink,” het sy gesê. Die ander kinders het weggehardloop.
Moleko het gesê geen verdere besonderhede is in die stadium bekend nie. Die polisie ondersoek die saak.