Drie kinders verdrink in Noordwes

Argieffoto

Argieffoto

Drie kinders het in ʼn swembad in Mahikeng in Noordwes verdrink.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep kinders het Sondag by ʼn huis in Lonely Park geswem.

“Twee broers, ses en 10 jaar oud, en ʼn 10-jarige meisie het verdrink,” het sy gesê. Die ander kinders het weggehardloop.

Moleko het gesê geen verdere besonderhede is in die stadium bekend nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.