Drie kinders verdrink in Vaaldam

Argieffoto

Drie jong seuns het Saterdagmiddag in die Vaaldam in die Vrystaat verdrink.

Die voorval het naby Deneysville plaasgevind, het Jake Manten, Vaaldam-bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.

“Die NSRI is omstreeks 12:45 na die toneel ontbied.” Volgens Manten het vier seuns saam geswem toe drie van die seuns in die moeilikheid beland het.

Vissermanne het alarm gemaak en die polisie se provinsiale nooddienste is ook ontbied. Polisieduikers het die drie seuns se liggame in die water gevind. Die seuns was onderskeidelik sewe, agt en nege jaar oud. Die agtjarige seun se broer is ongedeerd.

“Dit blyk dat hulle in die moeilikheid beland het terwyl hulle in die vlak water geswem het waar die water skielik baie dieper word. Daar was ʼn sterk wind en die water was rof,” het Manten gesê.

Die NSRI het sy medelye met die slagoffers se families betuig.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peter ·

So skokkend wat n ramp sterkte aan die famielie so jammer die Hemelse vader se vertroosing
Moet seblief nie in die tyd van groot rou klippe gooi nie

Hannetjie ·

Ag nee, daar moet te alle tye toesig wees waar kinders swem.Sterkte aan die ouers en familie

Philip ·

Wat ‘n tragedie. Die probleem is dit begin so gou. Die wind op Vaaldam is dodelik glo my. Simpatie met ouers, familie en vriende

Speedguard ·

Ja nee Phillip, die mense wat dit nog nie beleef het nie het nie ‘n idee nie, hoe die ouers dit kon toelaat slaan my stom !! Sterkte aan die ouers wat ‘n tragiese gebeurtenis!!

LD ·

Dis baie hartseer inderdaad. Maaaar….. waar was die ouers, 7,8 en 9 in maar nog klein om alleen by ñ groot dam te wees of slegs ñ endjie weg waar die ouers hulle nie kan sien nie. En dan nog ñ ding…. watse ouers laat hulle kinders in daai vieslike vuil dam swem, sies!! Die rou riool lê die dam vol en veral aan die kante waar dit so vlak is. Sorry maar ek sê maar net.

Jan ·

Is al die besoedeling nie bewys daarvan dat daar n helse oorbevolkingsprobleem in die land is nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.