Drie kinders verdwyn in Limpopo

Foto verskaf deur Limpopo SAPD

NUUTSTE: Die kinders is veilig gevind. Lees meer.

Die polisie in Maake buite Tzaneen in Limpopo het ʼn groot soektog van stapel gestuur na drie minderjarige kinders wat Saterdag verdwyn het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie kinders het tussen 16:00 en 20:00 verdwyn. “Die kinders, van Lephepane, wou by hul tannie by Mogoboya gaan kuier, ongeveer 15 km van hul huis af. Hulle het nie by die tannie se huis opgedaag nie en hulle het spoorloos verdwyn.”

Die kinders is Reneliwe Angie Makwela (12), sy het ʼn donkerrooi romp met ʼn donkerrooi langmou T-hemp aangehad; Ngovo Jack Makwela (6), hy het ʼn kamoefleerbroek met ʼn silwerkleure T-hemp, grys baadjie en grys pet aangehad; en Tumelo Ralph Lebepe (6), wat ʼn donkerrooi broek, en geel-blou-en-donkerrooi T-hemp met ʼn grys baadjie aangehad het.

Enigiemand wat die kinders sien word versoek om kol. Cecil Machimana te kontak by 082 451 7181.

Die soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

PEAN ·

Wie in vandag se tyd laat toe dat 3 sulke klein kindertjies op hulle eie 15km verloop?

HPV ·

Moes hulle die 15km stap of was hulle in die sorg van iemand? Hoop hulle is veilig in die helhool waar volwasse mense nie eers vielig is nie, wat nog kinders.

Katerina ·

Ek onthou n tyd in Die land toe ek en my maatjies,almal meisies, selfs saans kon gaan fliek en alleen huistoe loop. As kind kon ons gerus vir kilometers stap na waar ons wou wees,of op ons fietse baie ver gaan ry. Ek onthou daardie gevoel van vryheid en avontuur nog steeds?Maar die land en die wereld het geweldig verander. Selfs in Amerika laat meeste ouers nie meer hul kinders toe om so te maak nie. Ek hoop van harte hierdie kinders word lewendig gevind..Die land is bitterlik gevaarlik vir almal.

Ver links ·

It is so sad that 03 such beautiful children is missing. Once again it proofs that this poor children has to walk for 15km to visit their aunt and in such dangerous circumstances. It is heartbroken and we hope the Police will find them soon and alive. May God Bless this family.

Lana ·

Onmoontlik!! Jy kan nie alles en almal behalwe die ouers blameer nie. Hierdie ouers moet verantwoordelikheid neem vir hul kinders se veiligheid!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.