Drie kinders verkool in huisbrand

(Foto verskaf)

Drie kinders het Vrydagaand in ʼn huis in Brakpan in Gauteng verkool toe ʼn brand in hul ouerhuis ontstaan het.

William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni se ramp- en nooddiensbestuur het gesê die ouers het glo die drie minderjarige kinders alleen tuis gelos en die deur gesluit toe hulle die aand uit is.

“Bure het die brandweer ontbied en aangedui die drie kinders is in die huis,” het hy bygevoeg. “Die drie kinders se verkoolde liggame is onder puin in die huis gevind.”

Die oorsaak van die brand is onbekend. Volgens inligting op die toneel het die kinders by kerslig aan die slaap geraak.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Snowball ·

Sluit minderjarige kinders toe in ‘n huis en gaan uit vir die aand? Hoop hulle gaan tronk toe, want hulle is verantwoordelik vir die dood van drie kinders. Hulle eie selfsugtige behoeftes kom defnitief voor die kinders se reg tot beskerming en veiligheid. Reël ‘n kinderoppasser, of reël verblyf by familie of bure!! Hoe los jy hulle net aan hulle eie genade oor? Nie die naam ouer werd nie.

IK ·

Ook ek het vir die eerste keer op hoërskool kennis gemaak met elektrisiteit. Van kleinsaf is ek en sussie onderleg in die gebruik van vuurhoutjies. Ek kan egter nie onthou dat ons alleen gelos is met paraffienlampe of kerse. Ek het ‘n pragtige foto geneem van my vrou waar sy met kers op die bors besig is om ‘n boek te lees (die krag was af). Ook sy het by kerslig studeer en niks daarvan oorgekom.

@IK ·

Ja, die probleem is nie die afwesigheid van elektrisiteit nie, maar die afwesigheid van verantwoordelike ouers. Tragies…

Kandinksalmeninghê ·

Ons het met kerse grootgeword op oupa se plaas. Nooit enige ongeluk gehad daarmee nie.

ZAR ·

Ek dink die opskrif is te kras gestel. Drie kinders dood in huis brand is meer van pas.

Stem saam ·

@ZAR ek stem saam… verkool, dit nie n mooi woord vir wat gebeur het nie! “Huisbrand eis die lewe van drie kinders” kon ook werk!

Mickey ·

Dit is dalk kras gestel maar dit is wat met hulle gebeur het. Hulle het verkool…die nare waarheid.

wonder ·

Stem Saam Anni. Meskien het die ouers dit geregeld gedoen, as dit die geval is , is die kinders beter af waar hulle nou is.

Moeg vir Brakpan ·

As julle sien waar dit gebeur het sal julle nie net die ouers blameer nie…waar hierdie mense bly is n gemors hoop! Hulle doen nie net hulle self skade en leed aan nie maar die res van die dorp om hulle wat belasting betalers is. Ek blameer die ANC en DA raadslede saam hulle ouers want hulle het die kinders en die gemeenskap gevaal het. Hulle het geld om straat name te verander en 12 sitblek bote te koop vir n dam wat nie eens 1m diep is nie…maar hulle kan nie vir hierdie mense workshops aanbied oor lewens onderig om waarde aan hulle omgewing en self te restoreer nie en ook nie vir “low cost housing nie” gee die mense elkeen n solar lig en dinge soos die sal nie gebeur nie. Vir 5 jaar kla brakpan inwoners in Brakpan Noord en Anzac en vra hulp maar dit word geignoreer….kom mense kom kyk hoe lyk Brakpan se plastiek kamp kan dit nie mis nie dis ons ingang tot die dorp ry net versigtig ons is bang die pad gee in oor die illigal mining wat niks aan gedoen word nie…die foto wat geplaas is van n huis lyk luuks teen wat die mense regtig in bly…RIV klein goed dis n wrede dood maar julle is beter af nou as om in daai situasie te gebly het.

Skerpioen ·

Dit help nie om die blaam op ANC en DA ook te wil afskuif nie. Mens blameer nooit jou omstandighede omdat jy as ouer nie verantwoordelikheid neem vir jou dade nie. Dis omdat die meeste in die land ander wil blameer dat dit land in ‘n gemors situasie is. Ag nee man, al stink jou omstandighede… doen die regte ding, neem verantwoordelikheid. Hou op om iemand anders vir jou stupid nalatige optrede te blameer… of dit nou ouers is wat nalatig is en of dit nou die jeug is wat skole afbrand…VAT VERANTWOORDELIKHEID OF VAT JOU PAK SOOS ‘N MAN

Dood ·

Moeg vir Brakpan, hoe seker is jy van die situasie waarin die kinders gebly het. Kon dit so erg gewees het dat die kinders beter af is dood? Ek glo dit nie vir een oomblik nie. Soos die spreekwoord tereg sê: Waar daar lewe is, is daar hoop.

Nalatig ·

Gaan ouers nie hulle les leer nie? Jy los mos nie jou kinders alleen by die huis en gaan in die aand uit nie. By kerse aan die slaap geraak? Rêrig mense, hoeveel kinders moet nou nog hulle lewens verloor weens ouers se nalatigheid.

Hennas ·

Ek is jammer moeg vir brakpan maar jou comment klink vir my bietjie onnosel, toe ek die berig lees het die DA of die ANC nie eenkeer opgekom in my gedagtes nie, maar onverantwoordelike ouers. As jy kinders het dink ek jy trek jou woorde terug dat hul nou beter af is sies man, jy is seker een van daai wat op al wat n berig is kan kla oor die omstandighede waarin jy is maar kom eleksie tyd dan is die ry te lank vir jou om te stem, genade my mens… hou op ander goed blameer en staar die regte prentjie in die oog, jy kan hoe arm, vuil of sleg wees maar genade as jy kinders het kry jy n verantwoordelikheid! jy los hul nie al drie in n huis alleen met hul eie genade nie! En as jy regtig n solar light soek gaan builders toe hulle is op special daar… jy hoef regtig nie vir die Da of Anc te wag om vir jou iets te gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.