Drie kinders versmoor in huis

Argieffoto: SAPD

Die KwaZulu-Natalse polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat drie kinders ná ʼn huisbrand buite Estcourt gesterf het.

Volgens die polisie het daar Donderdag omstreeks 22:30 ʼn brand by hul huis in die Ntabamhlophe-omgewing uitgebreek.

“Die kinders, twee driejariges en ʼn sesjarige, het versmoor en is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar,” het die polisie gesê.

Volgens die polisie dui voorlopige ondersoek daarop dat die brand deur ʼn onwettige elektriese verbinding veroorsaak is.

Die ondersoek rakende die omstandighede rondom die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Kla die een wat die onwettige verbinding gedoen en die eienaar van moord aan.

Daan ·

Nou is kinders dood oor n gesindheid van ons kan maak wat ons wil sonder vrees vir die nagevolge dit het tyd geword vir n wereld oorlog of n meteoriet om die aarde te tref en 90% uit te wis sodat die wat oorleef kan leer uit die foute en dit regstel.

christa ·

waar was die ouers???????? Kinders kan mos nie na hulle self omsien nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.