Drie kinders versmoor in motor

Argieffoto

Argieffoto

Drie kinders het Woensdag versmoor nadat hulle sowat 20 minute lank alleen in hul ouers se motor gelaat is in Mahikeng, Noordwes.

“Die kinders, onderskeidelik vier, ses en 10 jaar oud, is alleen in die motor gelaat toe hul ouers medisyne vir die jongste kind by die apteker gaan haal het,” het kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. Die vierjarige is vroeër na die dokter geneem.

“Die ma is gou terug na die motor nadat sy vrugtesap vir die drie kinders gekoop het en sy het gesien die kinders is baie swak,” het Setlhako bygevoeg.

Die kinders is na Victoria-hospitaal gehaas maar met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.

“Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek, maar gemene spel word nie vermoed nie,” het Setlhako gesê. “Die polisie doen ʼn ernstige beroep op alle ouers om seker te maak dat kinders nie sonder toesig in geslote motors gelaat word nie.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anon ·

Dis baie hartseer. Maar hoe kan ouers hulle kinders in n kar toesluit? Dis moord klAar!!!!!

Marelize ·

So nie een van die ouers kon in die kar by die kinders met n oop venster gebly het nie…. seker te warm.

Jasper ·

Onnodig en tragies.
Elke mens word met n mate van instink en I.K. bedeel. Watter een van die 2 het hier tekort geskied ?

Chivago ·

Jasper – beide sou ek sê. Wat my egter verbaas is dat dit ook afwesig was by die kinders, Hoe is dit moontlik dat ‘n 10 jarige nie ‘n ruit kan afdraai of die deur oopmaak nie?

senet ·

Dit klinkni reg ni 20min en hul versmoor kla ja soos jy daar se kon die 10jarige nie iets oopgemaak het ni iets ruim nie ek los my 6jarige ni eers vir 5min alleen dis nalatigheid van die ouers dalk was daar n doel daar altyd n doel en rede vir mense se optrede dis my mening rus in vrede kinders ai

elize ·

Baie voertuie is so dat jy nie die vensters kan afdraai tensy die sleutel in die aansluit meganisme is nie. Die deure het ook kinderveiligheids meganismis in wat kinders verhoed om die deur van binne oop te maak. Die kinders is dood en ek voel dis nie die tienjarige wat moes van beter geweet het om vensters en deur oop te maak nie maar wel die volwasse ouers. Die kinders het tien teen een almal gelyk in ‘n koma gegaan aangesien hulle aan ‘n tekort aan suurstof dood is. Watter jammerte dat enige een kan kinders he. As jy n kar koop, kry opleiding en n lisensie, kry n tv , kry n lisensie. Maar om ‘n kind te kan he is daar geen opvoeding of handleiding. Lande soos Switzerland het ‘n vak op skool waar Matriekulante geleer word hoe om ‘n huishouding te bestuur, begroting op te trek en ja selfs, ‘n kind groot te maak, basiese veiligheid, voeding en versorging. Ouers plantvoort soos hase in die land sonder enige maatreels om te verseker dat hulle toegerus is vir die belangrikste werk/rol wat hulle betree, gevolg, drie kinders versmoor in ‘n voertuig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.