Drie kinders wreed in slaap vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Drie seuns, tussen twee en sewe jaar oud, is Saterdag in die vroeë oggendure buite Louis Trichardt in Limpopo wreed vermoor terwyl hulle geslaap het.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 in die Manyi-nedersetting in die Mphephu-polisiëringsgebied plaasgevind.

“ʼn 43-jarige man het na bewering sy drie kinders met ʼn skerp voorwerp doodgekap tydens ʼn huishoudelike geskil,” het Ngoepe gesê.

“Die man het na bewering sy vrou daarvan beskuldig dat sy ontrou was en dat hy nie die biologiese pa van die kinders is nie. Hy het eers sy vrou met die skerp voorwerp probeer aanval, maar sy kon daarin slaag om na buite te hardloop om hulp te ontbied. Die man is toe na die kinders se beddens waar hy hulle glo vermoor het.”

Die man is kort daarna in hegtenis geneem op drie aanklagte van moord.

Die seuns, onderskeidelik 2, 6 en 7 jaar oud, se name word weerhou en kan eers bekend gemaak word as hul pa in die Dzanani-landdroshof verskyn het.

Lt.kol. Nneke Jim Ledwaba het met skok en ongeloof op die voorval gereageer en dit ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Martie ·

Ai toggie, watse monsters leef saam met ons ? Mag hy vir die res van sy lewe agter tralies gehou word.

Een lewe ·

NEE! Nee nee Neeee! Wat de…??? Is moord hul enigste oplossing?? Aggenee man. Maar gelukkig is die kindertjies nou veilig, weg uit hierdie bose en wrede wêreld!

Anoniem ·

Dis so hartseer die gesinsmoorde en dit neem net toe onskuldige kinders hartseer hartseer hartseer

Mielie ·

Hoe woedend en haatdraend kan n mens wees om dit te doen. Ook n lafaard die kinders kon hulself nie verdedig nie.

Siek en sat ·

Die moeilikheid le in hierdie land se Regering. Daars nie werk nie. Geen stabiliteit vir families nie. Mense is honger en wanhopig en die kleinste situasie lei tot geweld. Mnr Ramaposs kan julle nie asseblief op staatsgrond begin met tonnels waar julle kan groente en vrugte kweek nie. Lei mense op om dit te dorn dan het ons nie nodig om sulke daaglikse benodigdhede in te voer nie. Gee vir die mense werk. Liewe genade begin net met iets positiefs.

RHG ·

Hy was op pad om haar te vermoor. Sy het gevlug vir haar lewe en om hulp geskreeu.
Moet ons alewig so veroordelend wees?
Dan opmerkings soos: nedersetting…. nou verstaan ek; tipies hulle. Genade! Ons almal is mense.

Mariaan ·

Absoluut barbaars!! Daardie arme seuntjies, nog so klein, kan jul indink watse vrees en pyn hul moes ervaar deur doodgekap te word???!! Deur hul eie pa nogal!

Nee wragties, ek weet nie meer nie, sulke stories maak my depressief. Ons leiers hou berade en sit hul beste voet voor vir die buiteland, terwyl dit in hul “agterplaas” brand. Word hul uitgevra, swyg hul en sê daar is geen probleem…

Ek kan nie insien dat dit vinnig gaan of kan verander, die vermoë ontbreek by die regering om die land te bestuur, werk te skep, wet en orde te handhaaf en vrede te bevorder.

Rus in vrede klein hartjies. Mag daardie monster se gewete hom ry!!!!

SA Moordmuseum ·

Teken aan en beeld uit wat onder die nuwe SA gebeur in ‘n moordmuseum, erger dinge as in enige ander land.

Ben ·

Onkunde is baie groot probleem. Ek was 5 jaar oud toe my pa voor my, vir my ma gese het ek is nie sy kind nie. Ek het nie bruin oe of swart krul hare gehad nie soos my boetie nie. Later op skool in biologie het ons geleer dat die menslike gene bepaal wie wat se kleur oe ens het en dat my kombinasie wel moontlik is. Baie verwerping ervaar maar dit het my net sterker en slimmer gemaak. My ma en pa is later geskei maar my pa het nooit ‘n sent bygedra vir ons versorging nie. Wat ‘n fantastiese regstelsel en skoolstelsel het ons nie?

Anda le Roux ·

Ag siestog Ben…. Vir jou het die pyn ten goede meegewerk want dit het jou sterker gemaak (Rom 8). Wat ‘n genade! Hoe verskriklik die pyn en hartseer wat hierdie vrou moet deurgaan… haar kinders wreedaardig doodgekap! Mag die Here aan ons genade betoon in hierdie bloedland wat Suid-Afrika geword het!

So wreedaardig ·

Moontlik drank dwelms die bose wat oorsaak van wreedaardigheid van moord vererger
In die hof gaan hy sê hy het dit níé gedoen
Want hy kan dit níé onthou.

LB S ·

Dit is hierdie soort ding wat my nagmerries gee oor my kleinkinders. As hulle hul eie” so wreedaardig vermoor, stel jou voor wat hulle met ons kinders sal doen as hier chaos of rewolusie uitbreek – wat gladnie onmoontlik is nie.

Loïs ·

Ag asseblief. Sulke voorvalle kom onder enige bevolkingsgroep voor. As “hulle” jou kinders/ kleinkinders nie onder apartheids bewind uitgemoor het nie, hoekom dan nou?

Katerina ·

Want in daardie dae was wet en orde gehandhaaf. Beide wit En swartmense was n miljoen maal veiliger as vandag. Daar was drakoniese strawwe vir moordenaars en misdadigers van alle etnisiteite. As jy nie dink wit kinders word soms afskuwelik vermoor nie, google “plaasmoorde”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.