Drie seuns, tussen twee en sewe jaar oud, is Saterdag in die vroeë oggendure buite Louis Trichardt in Limpopo wreed vermoor terwyl hulle geslaap het.
Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 in die Manyi-nedersetting in die Mphephu-polisiëringsgebied plaasgevind.
“ʼn 43-jarige man het na bewering sy drie kinders met ʼn skerp voorwerp doodgekap tydens ʼn huishoudelike geskil,” het Ngoepe gesê.
“Die man het na bewering sy vrou daarvan beskuldig dat sy ontrou was en dat hy nie die biologiese pa van die kinders is nie. Hy het eers sy vrou met die skerp voorwerp probeer aanval, maar sy kon daarin slaag om na buite te hardloop om hulp te ontbied. Die man is toe na die kinders se beddens waar hy hulle glo vermoor het.”
Die man is kort daarna in hegtenis geneem op drie aanklagte van moord.
Die seuns, onderskeidelik 2, 6 en 7 jaar oud, se name word weerhou en kan eers bekend gemaak word as hul pa in die Dzanani-landdroshof verskyn het.
Lt.kol. Nneke Jim Ledwaba het met skok en ongeloof op die voorval gereageer en dit ten sterkste veroordeel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Ai toggie, watse monsters leef saam met ons ? Mag hy vir die res van sy lewe agter tralies gehou word.
NEE! Nee nee Neeee! Wat de…??? Is moord hul enigste oplossing?? Aggenee man. Maar gelukkig is die kindertjies nou veilig, weg uit hierdie bose en wrede wêreld!
Dis so hartseer die gesinsmoorde en dit neem net toe onskuldige kinders hartseer hartseer hartseer
Hoe woedend en haatdraend kan n mens wees om dit te doen. Ook n lafaard die kinders kon hulself nie verdedig nie.
Jip, dis hoe dit gaan hier in ons land…. Niks nuut.