Drie klasse in Noordwes aan die brand gesteek

Argieffoto (Foto: Rafael Juárez/Pixabay)

Drie klaskamers vir graad 10 en 11 is aan die brand gesteek by Ramaine-A-Phetlhu Secondary School by Magogoe-a-Koikoi naby Mafikeng in Noordwes.

“ʼn Inwoner, wat naby die skool bly, het die skoolhoof Vrydagaand omstreeks 20:00 gekontak,” het Elias Malindi, woordvoerder van die departement van onderwys, gesê. “Drie buitebande is voor twee klaskamers neergesit en aan die brand gesteek. Die brand het vinnig na die volgende klaskamer versprei.”

Groot skade is by twee klaskamers aangerig en die derde is slegs gedeeltelik beskadig. “Die meubels en deel van die dak is ook in die brand beskadig,” het Malindi bygevoeg.

Hy het gesê die brandweer is ontbied en die polisie is in kennis gestel om ondersoek in te stel en die omvang van die skade te bepaal.

Mmaphefo Matsemela, provinsiale LUR vir onderwys, het die gemeenskap versoek om te help om die skuldiges uit te ken. “Ek doen ʼn beroep op die gemeenskap van Magogoe-a-Koikoi om ons asseblief te help. Hierdie is ʼn verdere terugslag vir ʼn akademiese jaar wat reeds ontwrig is deur die Covid-19-pandemie.”

Sy het gesê die departement werk onverpoosd om ander grade weer terug te kry by die skool. “Die terugslag is absoluut onaanvaarbaar.” Alternatiewe klaskamers sal gereël word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jacobus ·

Daar is ernstige vraagstukke in onderwys bo en behalwe COVID19 in ons land. Gemeenskappe word dekades teruggesit met sulke aksies.
Probleem is dat die leerlinge en ouers die die dwarsboom taktiek van Lesufi, LUR in Gauteng sien en glo hierdie is aanvaarbare aksie. Lyk of opheffing deur opvoeding ‘n Z prioriteit geword het. Dit is werklik tragies.

JohanR ·

Moenie worry nie, Die belastingbetaler sal gou nog groot pote geld bring, en sommer tjoef tjoef tjoef is daar nuwe klaskamers. Volgende week ‘n stasie afbrand? Moenie worry nie. Die belastingbetaler sal gou nog groot pote geld bring, en sommer tjoef tjoef tjoef is daar ‘n nuwe stasie. Soe te se ou Lesufi….het nerens onlangs, of in die laaste 30 jaar gelees waar ‘n skool of klaskamers in Orania af gebrand is nie? Lyk my daai mense het trots en dissipline!

marthie ·

As hul aanhou skole aan die brand streek gaan daar geen skole meer wees vir die kinders nie. Kan hul nie dink wat hul aan die leerders doen nie. Maak nie watse kleur jy is ni. Opvoeding is belangrik vir almal. Wens hul wil net dink wat hul aan die toekoms van die kinders doen. My hart baie seer as ook woedend.

Frankie ·

As gemeenskappe nie geleer word om verantwoordelikheid vir hulle publieke geriewe te aanvaar nie en elke keer kry hulle net weer sal die probleem nie weggaan. Die meeste gemeenskappe weet wie wie dit doen maar dit is te lekker om nuwes te kry.

Tinus ·

Dis reg,brand alles af! Daar is nie geld vir nuwe klasse/ skole nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.