Drie kleuters verdwyn spoorloos

Van links: Othandwayo Zenzile, Linandle Zenile en Nande Nombewu (Foto’s: Verskaf)

ʼn Soekgeselskap is Dinsdagaand laat inderhaas van stapel gestuur ná drie kleuters in Motherwell in die Oos-Kaap verdwyn het.

Othandwayo Zenzile (3), Linandle Zenzile (3) en Nande Nombewu (3) is gister as vermis aangemeld nadat hulle omstreeks 12:15 in ʼn oop stuk veld naby die huis gespeel het. Nadat die kleuters omstreeks 15:00 nie meer gewaar is nie, het hulle ouers na hulle in die omgewing begin soek.

Volgens kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het die ouers die polisie omstreeks 22:00 ontbied toe die kleuters teen daardie tyd steeds nie gevind was nie.

Die polisie asook vrywilligers het gevolglik na die drie kinders in nabygeleë bosse begin soek. Dié soektog is vanoggend omstreeks 03:15 gestaak en weer met sonsopkoms hervat, verduidelik Naidu.

Othandwayo het ten tyde van sy verdwying ʼn grys kortbroek en ’n swart gestreepte T-hemp aangehad. Linandle het ʼn rooi kortbroek met ’n blou‑en‑wit T-hemp gedra en Nande ’n rooi sweetpak en ’n blou T-hemp.

Naidu het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie te help met enige inligting om die drie kleuters op te spoor. Inligting kan by kapt. Shaun Harmse by 082 442 1232 of die naaste polisiestasie aangemeld word.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek tans die kleuters se verdwyning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Geskok ·

Kleuters van 3jaar word nie in ‘n oop stuk veld gelos om te speel sonder behoorlike toesig nie. Om hulle te los en net af en toe ‘n ogie te gooi is nie genoeg nie.
Neem verantwoordelikheid vir jou kinders.
3 Kinders van 3jaar beteken seker 3 mammas? Waar was ten minste een van julle.
AAGGG!!! dit help tog nie want hulle lees nie eens hier nie.
Ek sal gek word van bekommernis.
Hoop hulle word gou lewend gevind

Alida ·

Dit is nog BABAS hoe kan hulle sonder toesig in oop veld speel!

Nadine ·

Ek stem met jou saam Alida. Ek bid dat die kindertjies veilig is waar ookal hulle is! Dis vreeslik hartseer!

ZAR ·

Mag hulle veilig en vinnig gevind word. Ons bid vir dit. Sterkte aan die ouers.

DeVill ·

Watse tipe ouer los net hul 3 jarige kind om in ‘n oop stuk veld te speel.
Watse tipe ouer kyk nie elke 5 min of die 3 jarige baba nog ok is nie!

Die ergste van alles is, hierdie mense kan stem in die verkiesing, maar hulle kan nie eers na hulle 3 jariges omsien nie!

IK ·

Lees weer die berig ‘ . . . naby die huis gespeel het . . . ‘ Ongeag ouderdom of plek behoort almal veilig te wees in rama-land. Natuurlik is dit nie moontlik en onmoontlik om 3-jariges toe te rus om hulself te verdedig teen luise in die samelewing. Hoop en vertrou dat hulle veilig gevind sal word.

Lizelda ·

Nee, wat daardie arme kindertjies is dood. Jammer om te se maar as die Polisie tot 03:15 na hulle gesoek het en niks gekry het nie? Dis nogtans baie hartseer.

bianca ·

N 3 Jarige se konsentrasie is nie so skerp nie. Nooit in jou lewe los jy hom aleen nie. Soos hy speel en rond hardloop hardloop hy dieper en dieper in die veld en en eindig ieewers op waar hy nie weet waar hy is of hoe hy daar gekom het nie. Dit was baie nalatig van die ouers om die kinders net so te los sonder toesig en voel ek juis dat die ouers aangekla moet word vir kindernalatigheid.

Ratel ·

Los kleuters sonder toesig in ‘n oop veld, word 3 ure later bewus hulle het spoorloos verdwyn, en dan hoe op dees aarde is die polisie eers 22:00 ontbied!?

Anja ·

Hartseer beslis ouers is onverantwoordelik. Sien gister net na halfses n dogtertjie van so 8 of 9 buite die skool sit en wag vir iemand om haar te kom haal.

Mads ·

Arme arme kinders!!!!

Net die gedagte wat met hulle kon gebeur het maak my mal.

n Kind van 3 genade man. Hoe los jy n 3 jarige so alleen. Veral in vandag se tyd.

Ons was gisteraand by die Spur. Toe ek uit die “toilet” uit kom toe staan daar n klein dogtertjie alleen besig om haar hande te was. Ek skat haar so 6. Toe dink ek ook by myself lees die mense nie nuus nie. Kyk die Dros geval.

Pas julle kinders op. :(

D B ·

En wie kan ons bedank? Beslis nie Boland bank nie. Dankie ANC!

Wil graag weet, sou die arme kinders veilig gekry word, gaan die ouers aangekla word van nalatigheid en die kinders deur die welsyn verwyder word?

D B ·

Wat het die ANC hiermee te doen? Jy grap seker? Is dit regtig nodig dat ek dit verduidellik?

GM ·

Wat is fout met die mense? My kinders speel glad nie eers buite in ons erf as ek nie by hul sit nie, wat nog te sê van by ‘n oop veld naby die huis. Hoe los mens ‘n 3-jarige kind alleen? 3 Pare ouers wat nie een vir hulself kan dink nie. Die arme kinders.

AmY ·

Julle moet kom sien hoe lyk dit by ons kompleks.
Kinders van so jonk as ses moet na boetie en sussie van twee jaar oud kyk. Dis ‘n absolute wonderwerk dat dat nie een kind nog weggeraak het of deur ‘n kar raak gery is nie.
Die ma’s is heeldag in die eenhede, en steek nie eens hulle koppe by die deure uit, selfs al gil die kinders iets verskriklik.

Anon ·

Dan moet mens eerder nie kinders he nie. As jy nie kans sien daarvoor om 24/7 na jou klein kinders te kyk nie, dan los jy dit eerder.
Mens het nie net kinders oor society se jy moet kinders he as jy trou of in jou 20s of wat ookal nie.

Alida Engelbrecht ·

Ek het gisteraand laat op radio nuus gehoor dat een van die kindertjies gevind is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.