Drie ‘korrupte’ polisiebeamptes vandag in hof

Die polisiebeamptes sal Maandag in die hof verskyn. (Foto: Verskaf)

Drie beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal vandag in die Somerset‑Wes-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op verskeie ernstige aanklagte teen hulle.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeamptes, tussen die ouderdomme van 28 en 30 jaar oud, is verbonde aan die polisie se reaksiespan vir ernstige misdade en is Donderdag in hegtenis geneem.

Dit volg nadat die teenkorrupsie‑eenheid die beamptes ondersoek het in verband met gewapende roof, dwarsboming van die gereg en ontvoering wat glo tydens ’n voorval op 21 Julie plaasgevind het.

Volgens Traut het die polisiebeamptes na bewering dié betrokke dag ’n taxibestuurder in Somerset-Wes afgetrek wat onwettige perlemoen vanaf Hermanus na Kaapstad vervoer het.

“Een van die polisiebeamptes het na bewering met die taxi [met die taxibestuurder] na sy huis gery waar die perlemoen na bewering afgelaai is. Die taxibestuurder is daarna afgelaai nie ver van waar hy ontvoer is nie en aangesê om na Hermanus toe terug te gaan.”

Terwyl die taxibestuurder in die rigting van Sir Lowryspas gestap het, het hy egter sy taxi sonder die perlemoen aangetref en ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

ʼn Ondersoek het die polisie na drie van hul kollegas gelei.

Lt.genl. Sindile Mfazi, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom en gesê daar is nie plek vir kriminele in die SAPD nie. “Die Wes-Kaapse gemeenskap sal slegs deur eerlike en lojale polisiebeamptes gedien word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

waarheid ·

Vrot vrot vrot – hoeveel is daar nog wat so verrot is?
98%?

Santjie ·

Haha! – dit is so, maar hierdie “perlemoen handelaar” wat onwettige perlemoen gehad het, het nogals ‘n “cheek” ! Hopenlike braai sy kierankies saam met die ander 3 s’n!

Phillip Jessen ·

Wonder net van die texsie bestuuder se aandeel aan die perlemoen maak n saak maar hy het dit vervoer hoe nou

colleen ·

Ja Bheki Cele en so skok jou manne ons weer. Jy het nie ‘n benul wat in die SAP aangaan nie. Solank die salaris elke maand in jou rekening is, kan die wêreld maar vergaan.

Arno Scheepers ·

Onthou net cele het ook maar sy geskiedenis met die gereg!!!

Jerry ·

Kaderaanstellings het die SA Titanic laat sink. Al wat oor is en op die see rond dobber is die drenkelinge en die skuim wat deur hulle veroorsaak word!

Dennis ·

Dit is soos om n sakkie vrot lemoene te he maar dan gooi jy een skyfie weg en verwag die res moet lekker smaak.

Maljan ·

Lt.genr Mfazi, ondersoek jou lede dan een vir een en dan kyk ons hoeveel hou jy oor.

Nel ·

Seker drie van die vermeende 4000 SAPD lede wat ‘n misdaadrekord het, dus “3997 to go”.

Arno Scheepers ·

Polisie lede wat gearresteer word moet eers dadelik van hulle uniform gestroop word. Lede in boeie verkrag die beeld van die uniform.
Roei die korruptes uit.
Daar is baie eerlike en goeie lede. BESKERM HULLE.

Tanya ·

Hehehe ek wil my dood lag hierdie land is weg net n stof wolk wat nes die ander afrika lande is 99.9% vrot in sa

Alida ·

Cele stel diep teleur. Tydens die wereldbeker in 2010 was hier n dag se misdaad nie want hy het gese skiet om dood te skiet. Nou is hy lam in sy bene en maak geld bymekaar om af te tree. Gruwelike vieslike skande op die SAPD se naam. Die goeie en getroue lede ly nou daaronder.

SjN ·

Wys die korrupte polisiemanne se gesigte aan die publiek, hul betaal in elk geval die salarisse dmv tax en is geregtig om te sien hoe dit spandeer word

leser ·

dis nou lede van die “reaksie span vir ernstige misdade”
ek dink ‘n ondersoek na ELKE beampte, vanaf bo tot heel onder ,cele ingesluit, as ju iets verkeerds op jou naam het en gehad het, is dit koebaai vir jou, vrot se ek jou , “VROT”
dan sal ons sien hoeveel beamptes bly oor , daar is MIN eerlikes in die mag
daars mos kommisies vir alles, nog een sal nie die verskil maak nie

Hennie ·

Die verskil tussen hierdie 3 skobbies en die res van die getinte polisie manne is dat die res van die tinto’s nog nie gevang is nie. Wat ‘n septiese blou sweer is hulle nie…

Poot ·

SIES MAN!!!!!!
35 jaar is SAPS…. en moet hierdie gemors saam met my vertrou.

Schalk ·

Pragtig uitstekend man met die hoed so lyk jou dissipline en mag vrot van korrupsie maar net punt van ysberg die dat hoofregter vra nie polisie maar publiek om na vore te kom met bewyse van korrupsie.Ware getuig skrif vir polisie effektiwiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.