Drie kort ná rooftog doodgeskiet  

Die buit wat rowers by ‘n supermark in Tonga gesteel het. (Foto: Saps)

Drie rowers is Donderdagaand deur die polisie doodgeskiet kort nadat hulle ʼn supermark in Tonga, Mpumalanga, beroof het.

Volgens die polisie het ʼn groep swaar gewapende verdagtes by die supermark ingebars en kontant, selfone en televisiestelle gebuit. Hulle is toe daar weg in ʼn wit Ford Bantam-bakkie.

“Die polisie het onmiddellik op ʼn noodoproep gereageer en die verdagte voertuig kort daarna opgespoor,” sê brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder.

ʼn Skietery tussen die verdagtes en polisie het toe uitgebreek.

“Toe die verdagtes die polisie sien het hulle skote op die polisievoertuig afgevuur. Die polisie het teruggevuur en drie van die verdagtes doodgeskiet. Een het dit reggekry om te ontsnap,”

Die provinsiale polisiekommissaris het die beamptes vir hul brawe optrede geloof en gesê hulle bly op die uitkyk vir die oorblywende verdagte.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Roedolf Johannes ·

Dit is die enigste manier hoe misdaad minder sal word.Verwyder die misadiger permanent uit die gemeenskap uit.Goeie werk gedoen deur die SAP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.