Drie kritiek ná tiener glo met motor in werkers vasjaag

Foto: Reaction Unit South Africa

Foto: Reaction Unit South Africa

Drie munisipale werkers is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal, nadat ʼn tienerseun Donderdag glo met sy pa se motor in die groep ingejaag het waar hulle langs die pad gewerk het.

Reaction Unit South Africa het foto’s van die gru-ongeluk op sosiale media gedeel en gesê die voorval het omstreeks 10:05 plaasgevind. Die 17-jarige seun het glo met ʼn rooi VW Polo tussen ʼn groep werkers van Ethekweni Water Services (EWS) ingejaag in Phoenix, KwaZulu-Natal.

Die tiener, wat glo sonder ʼn bestuurderslisensie agter die stuurwiel was, het glo teen ‘n hoë spoed om ‘n draai gekom toe hy beheer oor die motor verloor het. Die impak van die botsing het tot gevolg gehad dat een van die werkers se bene van die heup af geamputeer moes word. Twee ander werkers het ook ernstige beserings opgedoen.

Volgens Reaction Unit South Africa was paramedici van verskeie nooddienste, die metropolisie en Phoenix-polisie op die toneel. Volgens gerugte het die seun sy pa se motor sonder sy toestemming gebruik terwyl die pa by die werk was

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê hy dra nie kennis van die ongeluk nie. Maroela Media wag vir verdere kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

KWV ·

Ek hoop die ouers van Delmas lees hierdie berig en dink 2 keer voordat hulle (met toestemming) hul motors vir kinders sonder bestuurslisensies gee om on die dorp rond te jaag! Dis vreeslik wat met die Munisipale werkers gebeur het, ek hoop die seun is bereid om vir die res van hul lewens tot hul versorging by te dra!

Debs ·

My hart gaan uit na die werkers toe ….. ek hoop die kind kry sommer ‘n helse pak slae en ook ander straf….. dis onaanvaarbaar nou hoop ek hy gaan vir die res van sy lewe bydrae …. dit was nou so onnodig en nou moet die ouers met die gebakte pere en problem sit !!!! hy was veronderstel om in die skool te wees !!!! dalk nog skool ‘gebunck’ ook …. nog ‘n pakslae of straf boet!!!!

Winston ·

Nou hoe weet die polisie selde wat aangaan? Maroela wag vir kommentaar. Hy moet arresteer word vir poging tot moord. Geen lisensie so hy moes die moontlikheid voorsien het dat hy iemand kan dood of ernstig beseer. Waar was sy ouers. Sy velle moet ook waai!!

Jaco ·

Winston jy span die wa voor die perde of het die kat aan sy stert beet! Behalwe wat jy oor polisie sê is eintlik dat ons nie op polisie meer kan staatmaak nie. Lisensie gee nie skielik verantwoordelikheid nie.

SNEL ·

Vreeslik dat n klein nat-agter-die-ore vent, wat gedink het hy is n groot meneer om sonder n lisensie so rond te ry en dan nog windgat te wees, nou verantwoordelik is dat n broodwinner altwee sy bene kwyt is, en bene wat van die heupe geamputeer is, maak hierdie persoon aan n rystoel geluister. Dit maak mens sommer vies verby. Hy het nou deur sy roekelose dade mense se lewens verander en party van die lewens eindig nie net by een persoon nie, maar dit beinvloed die hele gesin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.