Drie KZN-studente sterf die afgelope naweek

Argieffoto: SAPD

Drie studente is die afgelope naweek in KwaZulu-Natal in afsonderlike voorvalle doodgesteek en -geskiet.

Die ANC het dié voorvalle intussen ten sterkste veroordeel.

Volgens die ANC is Nhlaka Sazi Ngubo (20), ʼn eerstejaarstudent van die Universiteit van Zululand (UniZulu), Sondagmiddag op die KwaDlangeswa-kampus vermoedelik deur ʼn medestudent gesteek, en is sy keel ook glo met ʼn kombuismes gesny.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is bekend aan die oorledene.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

In ʼn ander voorval is Nqobani Dlomo, ʼn lid van die ANC-jeugliga, in die vroeë oggendure van Saterdag doodgesteek. “Daar was omstreeks 04:30 ʼn partytjie by die kampus [van die Universiteit van KwaZulu-Natal] toe chaos uitgebreek het en drie onbekende verdagtes ʼn 22-jarige student doodgesteek het en van die toneel gevlug het,” het Mbele gesê.

Hy het verskeie skietwonde aan sy bolyf opgedoen. ʼn Saak van moord word ondersoek. ʼn 20-jarige verdagte het vandag in die Pinetown-landdroshof verskyn in verband met die moord.

Volgens die ANC is nog ʼn student, Sikhumbuzo Lushaba, Vrydag naby ʼn koshuis in Albert Park doodgeskiet.

Nomagugu Simelane-Zulu, provinsiale woordvoerder van die ANC, het gesê die ANC is diep bekommerd oor die onlangse vlaag van misdade by tersiêre instellings.

“Onderwys-instellings moet uiteraard plekke van intellektuele onderrig wees en nie van moord en geweld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Albert ·

Ek het die videos gesien van hoe n mob studente die “skuldige” student uit die koshuis sleep en aanrand. Ons strawwe vir moord skrik niemand af nie en gebeur te maklik. Ons moet veral vir studente meer rekreasie reel om sodoende se opgehoopte frustrasies te verminder.

Manie ·

Hierdie gedrag van die man op straat is n refleksie van die swak morele standaard wat die ANC vir hulle eie mense stel. Die mes steekery by Universiteit van Zululand is oor n glas water. Het mense so laag gedaal om mekaar dood te maak oor n glas water.

Liberaal ·

Onder liberale waardes, ja, die samelewing het so laag gedaal.

EP ·

Tragies!! Kan nie glo dat “sogenaamde” opgevoede student homself skuldig maak aan moord nie. Hy hoort nie op universiteit nie. Mens sal hoop dat opgevoede mense sterker morele waardes het. In elk geval al oud vir ‘n eerstejaar student.

Anoniem ·

Wonder wie gaan nou blameer word? Kan sekerlik nie Apartheid blameer nie! Die student wat 20 jaar oud is, is in 1998 gebore. Dit beteken die ANC was al 6 jaar in beheer. Die produk van die regering begin nou deurkom op tersiêre vlak.

Lynette ·

Maroela, ek dink julle 7de en 8ste paragrawe moet omgeruil word. Die 7de paragraaf moet volg op die 8ste en nie voor dit nie.

theo ·

ek is so bly as anc ondersteuners die spit af byt. die anc het hierdie samelewing so weldadig gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.