Drie leeus in Limpopo afgemaai

Foto: Verskaf.

Die afdeling vir bedreigde spesies van die SAPD se veediefstal-eenheid is op soek na verdagtes wat drie leeus op ʼn plaas buite Modimolle in Limpopo vergiftig en dele van die karkasse verwyder het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het die afgelope naweek op die plaas Kareefontein plaasgevind.

“Veiligheidsbeamptes wat die plaas patrolleer, het in een van die leeukampe op die drie dooie leeus afgekom. Die leeus is vergiftig en hul pote en koppe is verwyder,” het Ngoepe gesê.

“Die polisie is ontbied en hulle het Maandag die toneel vir leidrade gefynkam. ʼn Mes is op die toneel gevind,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval versoek om kol. Alpheus Mokale by 082 565 6524 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hanna ·

Skokkend om sulke mooi diere dood te maak. Maar nouja ons mag mos niks se nie.

Koos B ·

Dit is Afrika hulle voel ‘n veer vir mens of dier. As dit kan roof,moor,plunder,korrupsie pleeg,staak,toy-toy en so meer is hulle op hul gelukkigste

Poot ·

God het die mens geskape en gesê om oor die dierereik en die aarde te regeer. Nie Gewetenloos te plunder en te vernietig nie. Ek glo hierdie mense sal eendag voor Hom moet rekenskap gee oor hierdie dade.

Stiena ·

Ooooo , het die liggaamsdele nodig om die voorvaders te aanbid! Opregte Derde Wereld wat Eerste Wereld leefwyse probeer leef.

Pateet ·

Hoekom gif gee?
Gaan vat die leeu kaal hande aan jou pateet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.