Drie leeus op Limpopo-plaas doodgemaak

Een van die leeukarkasse wat gevind is. (Die foto is gesny weens die grafiese aard daarvan.) Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat die karkasse van drie leeus Sondag op ʼn plaas buite Tzaneen aangetref is met twee van dié leeus wat se koppe en pote verwyder is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die bestuurder van die plaas het Sondag om die leeukamp gepatrolleer toe sy opgemerk het dat die heining van die kamp oopgesny is. “Sy het in die leeus se kamp ingegaan en op twee leeukarkasse afgekom waarvan die koppe en pote afgesny is. ʼn Derde leeukarkas is ʼn entjie weg gevind, maar geen dele van dié karkas is verwyder nie,” het Ngoepe gesê.

Hy het gesê dit is moeilik om nou te bevestig presies wanneer die leeus doodgemaak is, maar volgens die eienaars van die leeus word die kampe voortdurend gepatrolleer. Die vermoede is dus dat die leeus deur die loop van Saterdagnag doodgemaak is.

Ngoepe wou ook nie bespiegel oor hoe die leeus doodgemaak is nie en het gesê dit vorm deel van die polisie se ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan word versoek om kol. Alpheus Mokale by 082 565 6524 of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel. ʼn SMS kan ook aan die misdaadhulplyn by 32211 gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nikita ·

Dit is hartverskeurend. n Ruk terug Julie maand was soortgelyke geval, waar 6 leeumannetjies by n dierepark vergiftig was, 4 vd leeus se koppe en potte was ook verwyder. Natuurlik ook deur stropers. En wat vd arme renosters? Dis renosterhorings, leeukoppe en pote, het al gehoor olifanttande ook. Iets se vir my China sit agter hierdie dade. Ons land val uit mekaar en nou moet ons onskuldige natuur en diere ook hieronder ly. Ons hemelse Vader sien alles raak…tot op n dag…wanneer dit Sy tyd is.

Snowball ·

Gaan Google maar, ons nuwe Oosterse vriende ‘target ‘ leeus vir hulle tande en voete, want tiere is al amper uitgeroei. Tande en voete word gebruik vir juweliersware. Siek verby, maar so sal alles hier deur die onnoseles verkwansel en gestroop word totdat SA en Afrika niks oor het nie.

Riaan ·

Sal nie ophou nie die wette word aangepas om die midadigers se strawwe ligter te maak.

Jannie ·

NIKS…net mooi NIKS is meer veilig in hierdie bloedland nie!!! Nie mense nie, nie diere nie, nie roerende of onroerende eiendom nie – solank as tweebeen-gediertes die oorhand het nie!!!

ctd ·

Dit is baie tragies ,wanneer gaan daar n einde kom van die moord in ons land . Die huidige regering weet nie hoe om enige eits reg te doen nie . Stel strenger wette in plek om die mense en diere te beskerm . Miskien moet Donald Trump maar die diere ook kom help.

Blondie ·

Ons as mens is aangestel om oor die aarde te regeer en om diere, kinderstjies en oumensies te beskerm wat weerloos is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.