Die polisie is op soek na die persone wat drie leeus op ʼn plaas suid van Polokwane in Limpopo doodgemaak het.
“Drie leeus is dood, vermoedelik weens vergiftiging, by Turffontein-plaas langs The Ranch buite Polokwane,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.
Twee van die leeus, albei mannetjies, se koppe en pote is afgekap. Die leeuwyfie se karkas is nie vermink nie.
Volgens Mojapelo is die karkasse Vrydag gevind en die leeus is vermoedelik Donderdagaand doodgemaak.
“Die jongste voorval is soortgelyk aan die sake wat vroeër in Tzaneen, Mara en Hoedspruit aangemeld is,” het hy bygevoeg. “Die motief is nog nie in hierdie stadium bekend nie. Die polisie-ondersoek duur voort.”
Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Retief te kontak by 082 319 9460.
Muti moordenaars.
dis weer n boodskap. leeu sonder tande en naels is mos skadeloos.
Dis ‘n feit. kloulose en tandlose leeu is onskadelik.
Ag asseblief – dit is vir muti-doeleindes.
Natuurlik is die motief bekend : MUTI. Hierdie leeus word net geteeel om gejag te word. So watter kant toe geredeneer word hulle sterf op die einde van die dag. Rede : die GELD DUIWEL.
Die barbaarsheid hou net nie op nie. Gruwelike dade op mens en dier. Waar kom hierdie mense vandaan.
Waar is die diere aktiviste se kommentaar, gaan mal oor geblikte leeus en al die ander dinge, maar sien geen kommentaar hier vir die wrede doodmaak van die diere nie