Drie leeus op plaas vergiftig, pote afgesaag

Argieffoto: popista.com

Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat drie leeus Donderdagnag op ʼn Vrystaatse plaas vergiftig en hul pote en ander dele van hul karkasse afgesaag is.

Die leeus se karkasse is Vrydagoggend gevind. Nóg drie leeus wat op die plaas aangehou is, word vermis. Volgens die polisie is dit nog nie duidelik of hierdie leeus doodgemaak en hul karkasse weggeneem is en of hulle ontsnap het nie.

Die voorval het op die plaas Stylfontein net buite Petrus Steyn gebeur. Die eienaar van die leeus, Gert Claassen, het Vrydag in ʼn plasing op Facebook grafiese foto’s geplaas van hoe die leeus se karkasse vermink is. “Ses van my leeus is gisteraand vergiftig en vergruis,” het hy geskryf. Talle mense het met skok en afgryse op die plasing gereageer en die plasing is meer as 2 400 keer gedeel.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn veearts het monsters op die toneel geneem om te bevestig dat die drie leeus wat gevind is, vergiftig is. “Een wit en twee bruin leeuwyfies word steeds vermis. Ons het ʼn beroep op boere in die omgewing en die gemeenskap gedoen om dadelik die polisie in kennis te stel indien iemand moontlik die leeus sien,” het hy gesê.

Hy het gesê die hulp van die relevante omgewingsowerhede is ook ingeroep om na die leeus te soek. ʼn Saak van oortreding van die Wet op Biodiversiteit is ook geopen.

Die motief vir die voorval sal deel vorm van die polisie se ondersoek. ʼn Vlaag soortgelyke voorvalle het voorheen voorgekom waartydens talle leeus vergiftig en dele van hul karkasse verwyder is vir moetie-doeleindes.

Enigiemand wat moontlik die drie vermiste leeus sien, word versoek om lt.kol. Smith van die Fouriesburg-eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies by 082 466 8667 te bel.

*Die foto’s van die leeus se karkasse word nie in die berig gebruik nie weens die grafiese aard daarvan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarie Moolman ·

Plaas gerus die foto’s. Mense moet weet. One het dit al gesien op Gert s’n asook ander FB-bladsye.

Johanna Botha ·

Barbaars en afskuwelike mense wat dit doen …om te dink hulle loop vrylik rond op straat !

Pieter ·

En hulle kan stem in ‘n verkiesing en is boonop huidige bevoordeeldes.

Oom Kalahari ·

Daar is geen respek en liefde vir mens of dier nie. Wat verwag mens in Satans land.

Helene ·

Ek het nie meer woorde vir hierdie barbaarse optrede nie! Die moraliteit in hierdie land is so laag. Ek hoop Karma skop in …. so gou as moontlik!! Verder wil ek niks meer sê nie!!

Johan Nel ·

Daar is geen verskil tussen die mense en “jagters” wat wild skiet net terwille van trofee nie. Hulle kan oor dieselfde kam seskeer word.

Loon ·

Dis barbaars om diere se lewens so te verwoes, ek hoop net die ondersoeke ontbloot bietjie wat werklik aangaan, want hoekom is dit nou die hoeveelste keer dat snaakse dinge op Steilfontein gebeur?
Mens is geskok oor hierdie diere, maar daar moet nou met erns dieper gekyk word?????

Boerseun ·

Kan ons betogings uit Amerika kry asb. Die groenes op FB is maar stil. Of word betogings net gebou as die jagter blank is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.