Drie Lesotho-tieners vas vir dwelmhandel

Argieffoto ter illustrasie (Foto: SAPD)

Argieffoto ter illustrasie (Foto: SAPD)

Drie tieners van Lesotho is Vrydag in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel nadat 125 kg dagga in hul besit gevind is.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê die inhegtenisneming het in Underberg, ʼn dorpie aan die voet van die Drakensberg, plaasgevind.

“Die polisie het inligting ontvang dat vyf verdagte mans wat groot sakke dra op die Drakensberg Garden-pad gesien is,” het Zwane gesê.

“Die Himeville-polisie het reageer en toe hulle op die toneel aankom, het die verdagtes te voet probeer vlug. Drie is aangekeer; die ander twee kon egter daarin slaag om te ontsnap.”

Die drie verdagtes, tussen 18 en 19 jaar oud, moet Maandag in die Himeville-landdroshof verskyn. Die soektog na die ander verdagtes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann Marx ·

Hoe word jy in hegtenis geneem vir “handel” as jy teen ‘n bergpad stap met ‘n sak dagga op jou kop? Daar mag miskien ‘n “vermoede” bestaan dat ‘n persoon met so ‘n sak dagga miskien daarmee handel dryf, maar as jy geen bewyse het van ‘n “transaksie” nie, staan jy geen kans om ‘n saak van “dwelmhandel” suksesvol te bewys nie. Die nie onwettig om dagga te besit nie, solank jy dit net nie aan iemand anders verkoop nie.

Henri ·

Opkomede boere, op pad mark toe? Of dalk op pad plaas toe met veevoer of bemesting?

Chris ·

Nou het die polisie weer nuwe vooraad(om te gebruik en/of te verkoop)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.