Drie liggame binne 3 dae in dieselfde gebied gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in die Vrystaat het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na die moordenaars van drie mense wie se liggame oor drie verskillende dae in dieselfde gebied in Welkom gevind is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die liggaam van die eerste man is op 16 Augustus by die St. Helena-myn in Welkom opgespoor. Die man het vyf steekwonde aan die linkerkant van sy bors gehad.

Thakeng sê ʼn tweede slagoffer is later dieselfde dag in dieselfde omgewing, maar dié keer in ʼn slykdam by die St. Helena-myn, gevind.

“Die man se hande was vasgemaak. Hy is twee keer in die kop geskiet. Langs hom was ʼn plastieksak met ʼn Zimbabwiese paspoort. Niemand het egter nog vorendag gekom om hom te identifiseer nie,” sê Thakeng.

Die liggaam van ʼn derde man is die daaropvolgende dag ook op die St. Helena-mynperseel gevind. Thakeng sê die man se liggaam was langs die slykdam deur werkers aangetref wat die polisie in kennis gestel het.

“Hy het skietwonde onder sy regteroor gehad en nog ʼn skietwond in sy ribbekas aan die regterkant,” sê hy.

Volgens Thakeng is dit nie duidelik of die liggame van die mense dalk net op dié terrein gestort is nie.

“Die verplasing van die liggame kan in dié stadium nie uitgesluit word nie, aangesien daar geen bloedvlekke op die drie plekke was waar die liggame gevind is nie,” sê hy.

Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Dis Zama- Zamas. Na 12 maande ondergronds kom die mense met R1m in kontant uit. Die gate waar hul uitpeul word voorberei vir n hinderlaag, soms deur dieselfde mense wat hul ondergronds gestuur het. (Kingpins meesal Zimbabwe burgers) Ander is gewoon net opportuniste wat vinnig en met lae risiko n groot hoeveelheid geld kan bekom..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.