Drie liggame in huis gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggame van drie mans, tussen 20 en 22 jaar oud, is in ʼn huis in Bethelsdorp in die Oos-Kaap gevind.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggame is ontdek nadat die polisie inligting ontvang het oor ʼn skietvoorval by ʼn huis in Kleinskool. Volgens Naidu het die bure skote gehoor.

Die polisie het die drie mans se lyke by die voordeur gevind. Volgens Naidu blyk dit nie in dié stadium dat die voorval met bendegeweld verband hou nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.

Enigiemand met inligting kan lt.kol. Dawie Scholtz by 082 319 8673 of kapt. Rio Kriel by 082 442 1303 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.