Drie liggame met skietwonde in kanaal gevind

Argieffoto bloot ter illustrasie.

Die liggame van twee vroue en ’n man is Donderdagoggend met skietwonde in ’n kanaal in Kuilsrivier in die Wes-Kaap gevind.

Verskeie patroondoppies is ook in die omgewing gevind. Misdaadtoneeldeskundiges fynkam tans die toneel vir nog moontlike leidrade.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes is omstreeks 06:00 na die kanaal in Sarepta ontbied nadat verbygangers die drie liggame in die water gewaar het.

Polisieduikers het die liggame uit die water gebring en ’n ondersoek is van stapel gestuur.

Potelwa sê die oorledenes se identiteite sowel as die motief vir hul moord is in dié stadium nog onbekend.

Die provinsie het die 72‑uur-aktiveringsplan ingestel om seker te maak dat alle nodige hulpbronne beskikbaar gemaak word om die voorval te ondersoek.

Enigiemand met inligting wat die polisie in sy ondersoek kan bystaan, word versoek om die misdaadstopnommer by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Die bevolkingsgetalle neem nie net af as gevolg van Covid-19 nie, maar ook deur die talle moorde wat daagliks gepleeg word. Wat ‘n verskriklike land!!

Maggies

Hierdie land is nou sekerlik die land waar die meeste kriminele doodeenvoudig met moord wegkom.
Geen wonder dit gaan so sleg.
Hulle is net nie bang nie want hulle weet hulle sal binne paar jaar uit die tronk kom indien hulle wel gevang sou word

Skappie

Sterkte aan die drie mense se gesinne. Mag onse Liewe Heer saam met elkeen van julle wees in hierdie moeilike tyd.

Willem

Die 72 uur aksieplan is seker om drank by mense af te vat en te kyk vir dra van maskers!!!Knap gedoen clowns!!!!!

Swerwer

Sterkte, want daar is nie meer woorde vir hierdie sirkus nie.