Die liggame van drie mans is Woensdag naby ʼn gewilde winkelsentrum in Bloemfontein gevind.
Konst. Mosili Ntsika, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is omstreeks 08:45 na ʼn oop gebied naby die nuwe winkelsentrum in Bloemside ontbied, nadat ʼn verbyganger op die drie liggame afgekom het.
“Die drie liggame het langs mekaar gelê. Hulle het steekwonde aan hul bolywe gehad en al drie was kaalvoet,” het Ntsika gesê. Die mans is na raming tussen 16 en 21 jaar oud.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die motief vir die moorde is nie bekend nie.
Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom, wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Bel konst. Mosili Ntsika by 082 527 7135.
Politieke korrektheid staan in die pad van vooruitgang. met hierdie bietjie inligting sal die polisie nerens kom nie.