Drie liggame op berugte strand gekry

Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die liggame Dinsdagoggend in die bakkie ontdek is.

Vier mans is in hegtenis geneem toe hulle glo van die liggame van drie moordslagoffers in ʼn berugte gebied in Kaapstad wou ontslae raak.

Wayne Dyson, woordvoerder van wetstoepassing vir die Stad Kaapstad, het gesê lede van die stad se mariene eenheid wat besig was met ʼn patrollie in Lukannonrylaan in Strandfontein, het Dinsdag omstreeks 07:00 ʼn verdagte voertuig op die strand opgemerk.

Hulle het ook gesien hoe drie mans na die see toe stap.

“Hulle het die voertuig dopgehou en besluit om die mans te nader. Hulle het die voertuig nagegaan en op die liggame van twee volwasse mans, toegedraai in komberse, afgekom,” het Dyson gesê.

“Die liggaam van ʼn derde man is by nadere ondersoek ook in die bakkie ontdek.”

Volgens Dyson is die gebied langs die kus bekend as ʼn plek waar daar van liggame ontslae geraak word.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die vier mans – tussen 26 en 54 jaar oud – is op die strand in hegtenis geneem en word ondervra.

Die polisieondersoek het speurders intussen na ʼn huis in Eersterivier gelei waar die mans vermoedelik vermoor is. Die motief vir die moorde vorm deel van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Petrus Johannes ·

Wanneer gaan mense besef dat die virus nie n grap is nie? Hul loop rond steur hul aan niks MOET daar eers honderde sterf Niemand is uit gesluit nie en beslis nie n velkleur nie

Johnny ·

Waarvoor dink jy behoort hierdie ouens in groter moeilikheid te wees: 3 lyke van vermoorde mense by hulle, of omdat hulle op die strand was tydens huisarres?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.