Drie Limpopo-kinders veilig gevind

Foto verskaf deur Limpopo SAPD

Drie kinders wat in Limpopo as vermis aangemeld is, is veilig gevind en met hul ouers herenig.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die kinders is veilig gevind by ʼn familielid se huis in Mogoboya.

Maroela Media het vroeër berig die kinders, Reneliwe Angie Makwela (12), Ngovo Jack Makwela (6) en Tumelo Ralph Lebepe (6), van Lephepane, wou by hul tannie by Mogoboya gaan kuier, ongeveer 15 km van hul huis af. Die polisie in Maake buite Tzaneen het ʼn soektog van stapel gestuur toe hulle nie by die tannie se huis opgedaag het nie.

“Die kinders het vermoedelik wel by hul tannie se huis opgedaag, maar is toe na ʼn ander familielid se huis om televisie te gaan kyk. Hulle het uiteindelik ook by dié huis geslaap, sonder om hul tannie of ander familielede in kennis te stel waar hulle is,” het Ngoepe verduidelik. “Hulle het eers kontak gemaak toe hulle gehoor het die polisie is op soek na hulle.”

Ngoepe het gesê die Suid-Afrikaanse Polisiediens veroordeel slegte kinderveiligheid ten sterkste. “Lede van die gemeenskap word weereens aangemoedig om hul kinders te versorg en hul veiligheid eerste te plaas. Mens kan nie toelaat dat kinders alleen ʼn afstand van 15 km aflê nie. Dit mag nie deur enige ouer of voog toegelaat word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ver links ·

Thank You Heavenly Father that they are safe and rejoined with their Mother. More should be done for these poorest of the poor communities to have better infrastructures.

Theresa ·

The parent could accompany them on one of the thousands taxis which could take them on the 15km drive.
Parents have to know where the children are. Don’t put infrastructure to blame for everything. Poor people can also be good parents.

Lana ·

Ouers moet verantwoordelikheid neem vir hul kinders se veiligheid.

Anoniem ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe kinders van 12 en 6 jaar oud 15km ver stap om te gaan kuier. Hoe lank stap hulle daaraan? Dis mos nie moontlik om dieselfde dag weer terug te kom nie? Hoe weet die ouers dan nie wat aangaan met hulle eie kinders nie??

SNEL ·

Haha, tee en TV. Ja nee, kan nou lekker lag, want die kleingoed is veilig. Net baie bly daaroor, mens lees elke dag van sulke aaklige goed wat gebeur. Kan nou nog nie dink dat sulke kort klein beentjies 15km kan stap nie, en dit sonder om te kla. Miskien was daar koek by daai tee of chips saam met die TV, want dis darem regtig vreeslik ver vir sulke klein kindertjies.

Leser ·

Vir die kinders was 15km duidelik nie te ver nie – vir hulle was dit obviously ‘n heerlike uitstappie! Hierdie storie het darem ‘n gelukkige einde. Hopelik laat die ouers dit nie weer toe nie, en verseker eerder die kinders se veiligheid.

M ·

Dis amazing dat kinders dit kan stap; en hul sal nie eers kla nie; my kids kla na 5 min se stap…. maar dit tel onder kinderverwaarlosing… eks bly dit word deur die polisie ook so Bewoord… vervolging?

GM ·

Ja Ver Links, as elkeen een of twee kinders gekry het, in plaas van 5+ as die ouers nie die finansies het om vir hul te kan sorg nie, dan was dit so bietjie makliker vir die regering om die infrastruktuur vir almal te kan voorsien. En werk te skep, en, en, en. Vyf maal vyf is 25. So as jy 5 kinders het, en hul kry elkeen 5 kinders, dan is daar 25 kinders wat gevoed moet word, 25 wat gratis universiteitsopleiding soek, 25 wat elkeen ‘n huis soek, krag en water soek. Iewers gaan hulpbronne opdroog. Iewers moet sekere Suid-Afrikaanse burgers ook begin probeer om die land te help, en nie net verwag dat die staat als moet voorsien en doen nie. En dan moet daar vir die regte partye gestem word, nie vir díe wat net wil kyk hoeveel geld hul uit die staatskas kan mors nie.

lee ·

Mag “kinders” se foto’s gepubliseer word?
Wanneer mag, en mag dit nie?
Ek is nie ‘n fundi nie, maar nogtans in die duister !!

Mamma ·

Kinders se foto’s mag met toestemming gepubliseer word (in hierdie geval om hulle te help opspoor) maar nooit indien die kind as “vulnerable” geklassifiseer word nie. Kinders wat seksueel misbruik is se name en foto’s mag ook nie gepubliseer word nie. Dis maar ‘n kwessie van logika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.