Drie LP’s vir onparlementêre gedrag ondersoek

Speaker Baleka Mbete. Foto: GCIS

Speaker Baleka Mbete. Foto: GCIS

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, is een van drie LP’s wat ondersoek word vir beweerde onparlementêre gedrag.

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het die parlementêre komitee oor regte en voorregte versoek om Maimane, Mike Waters, adjunkhoofsweep van die DA, en Bertha Mabe, ʼn ANC-LP, te ondersoek.

“’n Onparlementêre opmerking deur die leier van die opposisie, mnr M Maimane, in die Nasionale Vergadering op Donderdag 13 November 2014, en sy daaropvolgende optrede, is na die komitee oor regte en voorregte verwys vir oorweging in terme van artikel 194.”

Chaos het op 13 November in die Nasionale Vergadering uitgebreek. Maimane is deur Mbete beveel om te sit maar hy het geweier. Waters is beveel om die Nasionale Vergadering te verlaat maar hy het ook geweier.

Die sitting het geëindig nadat die polisie ingestorm het en ʼn EFF-LP van die podium verwyder het nadat sy glo geweier het om haar opmerking dat “president Jacob Zuma die grootste dief in die wêreld is”, terug te trek.

Mabe word daarvan beskuldig dat sy op 16 September tydens ʼn debat oor ʼn mosie van wantroue in Mbete, glo “bloody bastards” gesê het nadat sy die podium verlaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

zahn ·

More almal, kom ek waag gou ‘n voorspelling, tannie Mabe van die ei en sie gaan skotvry afkom, want bloody bastards”” is nie ‘n “racist remark” nie, maar die ander twee se storie gaan wyd draai. Enigiemand wat ‘n weddenskap wil aangaan?

pop ·

More Zahn, nee ek sal saam jou stem, nie wed daaeteen nie. As hu;lle net die DA kan knak sal hulle hulle regterarms ook afsny. Intussen is dit die enigstes in daai surkus met verstand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.