Drie maande oue baba vermoor

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn 24-jarige ma sal na verwagting Maandag in die Middelburg-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat sy glo haar drie maande oue babadogtertjie vermoor het.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het die voorval Vrydagaand in Avontuur, naby Middelburg, plaasgevind.

“Die vrou en haar baba het die kind se pa by ʼn plaas waar hy werk, gaan besoek. Klaarblyklik het die man geweier om die vrou en kind by sy huis in te laat, waarna die vrou gedreig het om die baba dood te maak as hy hulle nie inlaat nie,” het Hlathi gesê.

Die vrou het die baba na bewering op die grond gegooi. Paramedici het met hul aankoms die kind op die toneel dood verklaar.

ʼn Saak van moord is by die polisie geopen en die ma is reeds in hegtenis geneem.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die ma oorspronklik van Zimbabwe afkomstig is en vroeër die land onwettig binnegekom het. Die polisie het ʼn bykomende klag van die oortreding van immigrasiewetgewing by die moordklag gevoeg.

Genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende provinsiale kommissaris van Mpumalanga, het die voorval ten sterkste veroordeel en dit as onmenslik bestempel.

“Ouers moenie hul kinders gebruik om met mekaar af te reken nie,” sê Phahla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

Skokkend dat ‘n ma dit aan haar eie baba kan doen! Wreedheid onder sekere mense slaan my asem weg. Een onwettige immigrant gevang uit die miljoene wat in die land is. Die Regering moet daadwerklik ‘n plan in aksie stel om al die onwettige immigrante op te spoor en terug te deporteer.

Tanniepetoors ·

Uiters tragies. Die vrou het sekerlik ernstige geestesafwykings en/of in het erge trauma beleef om so op verwerping te reageer

Misky ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie…… Rus sag by Jesus se Voete klein engeltjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.