Drie mans betrap met kreefsterte

Die kreefstert wat in die voertuig gevind is (Foto: Verskaf)

Drie mans is die afgelope naweek in hegtenis geneem nadat hulle met kreefsterte ter waarde van R11 060 in Grassy Park in Kaapstad betrap is.

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die Maitland-blitspatrollie in Kaapstad het ʼn verdagte voertuig in Grassy Park afgetrek en die voertuig begin ondersoek. Altesaam 1 106 kreefsterte is in die voertuig gevind.

Drie verdagtes, onderskeidelik 21, 24 en 29 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van kreefsterte.

Die verdagtes gaan na verwagting eersdaags in die hof verskyn.

Die Maitland-blitspatrollie het ook die afgelope naweek drie verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ʼn voertuig gekaap het.

Rwexana sê die blitspatrollie het op die R300 in Kaapstad gery toe dié voertuig, ʼn Honda Ballade, roekeloos verby hulle jaag.

“Die lede van die blitspatrollie het die voertuig probeer stop, maar die bestuurder het weggejaag. Die polisie het toe die voertuig agternagesit,” vertel Rwexana.

Die voertuig het deur ʼn muur op die hoek van Ou Paarl-weg en die R300 in Brackenfell gejaag. Die voertuig het tot stilstand gekom.

Drie verdagtes, onderskeidelik 18, 23 en 25, is in hegtenis geneem.

Toe die polisie die voertuig deursoek het, het hulle op ʼn nagemaakte vuurwapen afgekom. Hulle het later vasgestel dat die voertuig in Philippi-Oos gekaap is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Wonder hoe oud hulle nou eintlik is. As die SAPS nie eers hul ouderdomme reg verstaan nie, wonder ek of dit wel kreefsterte was.

Piet ·

Dis 2 afsonderlike insidente????. Die 1 is in GrassyPark met kreefsterte en die ander 1 is n gekaapte voertuig.

Pierre ·

R10 ‘n stert? Asb? Ek bly in die Weskus. Waar kry hulle daardie prys?

Scalla ·

Pierre, ek wil ook nog altyd weet deur wie en hoe word die prys bepaal, alles draai net om geld.

Pompies55 ·

Polisie het seker die naweek lekker kreefsterte geeët né

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.