Drie mans deur gemeenskap vermoor

Argieffoto

Gemeenskapslede van die Kagisanong-nedersetting in Noordwes het Maandag drie mans oorval en vermoor in Hebron digby Ga-Rankuwa in Noordwes. Dit nadat die mans glo by inbrake in die omgewing betrokke was.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê polisie is die oggend omstreeks 05:00 na die Kagisanong-sportterrein ontbied na gerugte van drie mans wat deur omtrent 70 lede van die gemeenskap aangerand word.

Gemeenskapslede het glo die reg in eie hande geneem nadat die drie mans, tussen die ouderdomme van 20 en 25, in verskeie inbrake in die Kagisanong-nedersetting betrokke was.

“Die drie mans is glo by hul huise gaan haal en na die sportterrein geneem waar hulle toe met verskillende voorwerpe aangerand is,” sê Mokgwabone.

Die drie mans het aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek drie aanklagte van moord.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale kommissaris van Noordwes, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Om die reg in eie hande te neem is onaanvaarbaar en sal nie geduld word nie,” het Kwena gesê.

Kwena het ook die publiek verseker dat die polisie hard werk om die skuldiges vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Michael 1 ·

Dit is verkeerd en mag nie goed gepraat word nie maar wat maak jy in n land waar die polisie as die vyand beskou word wat jy nie kan vertrou nie weens hulle onbevoegdheid.

Oujongvrou ·

Die mense voel al vang die polisie die skuldiges is hulle dieselfde dag weer uit op straat. So nou vat hulle die reg in eie hande. Ek glo nie hulle gaan vir n ruk weer inbrake daar he nie.

Fred ·

Wereldwyd vind mens onderdrukte woede in arm gemeenskappe wat uiting kan vind soos in hierdie geval waar die persepsie moontlik bestaan van oneffektiewe polisieering en ‘n swak regstelsel… Net ‘n algemene gedagte…
en nie goedkeuring nie!

Michael 1 ·

Ek betwyfel of dit n persepsie is in Suid afrika ons sien immers die feite elke dag.

Niklaas ·

Dis eintlik verkeerd maar daar gaan beslis een skerp daling wees in misdade soos inbrake in Ga-rankuwa in die toekoms. Misdadigers sal twee keer dink voor so iets weer daar beplan word!

Louwrens ·

Net een vraag wat ek gaan stel. . . .
Wie het die hou geslaan wat hulle dood veroorsaak het??
As almal saamstaan en hul het n slim regsgeleerde val die saak in die hof weens n gebrek aan getuienis en bewyse.
Verstaan my korrek, ek praat nie hul dade goed nie maar in getalle getuies is daar altyd iewers n weerspreking wat dan twyfel in getuienis bring.

Die Wolf ·

My opinie is dat die wetstoepassers nie baie hard gaan soek nie.

Misky ·

Hulle is moedeloos en weet die polisie gaan niks doen nie.

Ek dink die boodskap is duidelik aan die gemeenskap en gaan nie sommer vinnig weer gebeur nie.

Pim ·

Wat moet daardie gemeenskap doen as die Polisie nie iets doen nie? Dis nie reg nie, maar los ander mense se goed uit. Dis nie joune nie.

Hitler ·

Frustrasie van hopelose SAP en regsprosesse lei tot gemeenskaps Onmiddelikke optrede en uitskakeling – Bundu Justice.
Onwettig om die onwettige te straf??? Terwyl ons nog vir onwettige en korrupte “wets toepassers” MOET betaal?
Neewat, as jy gatvol is gaan dump dit, vee af en spoel weg – vrede

Anel ·

Die wetstoepassers is deesdae meer bekommerd oor die paar wat hul sypaadjie se gras sny of bietjie winkel toe gaan. Werklike misdaad is nou op die agtergrond geskuif. So, as die polisie nie wel help doen, doen dit self. Daar sal nou vir ‘n ruk ook nie ernstige misdade ook wees nie. Gemeenskap is mos by die huis en kan sien wat gebeur. Hulle gaan ook nou weer sien wie hoort daar en wie nie.

Michael 1 ·

Misdaad was en is vir n baie lang tyd nie die preoriteit van die oorgrote meerderheid saps lede nie.

Scalla ·

Die Sapd lede moes ingegryp het want daar was meer as 50 teenwoordig!!

PieterP ·

Eerstens, inperking beteken niks in die gemeenskappe nie. Tweedens, oor hoeveel jare os die bundu geregtigheid al aan die gang en ek kan nie van een saak onthou waar daar mense gearresteer en skuldig bevind was nie. As die moorde deur die massa gepleeg word gaan die saak onder die mat in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.