Drie mans in motor doodgeskiet

Foto: Verskaf.

Drie mans is Donderdag in die Wes-Kaap dood in ʼn vermoedelik bendeverwante skietery.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Donderdagmiddag aan Maroela Media gesê die polisie in Lentegeur het omstreeks 12:00 ʼn klagte van ʼn skietery op die hoek van Eisleben- en Morgensterweg in Lentergeur ontvang.

“Toe beamptes by die toneel opdaag, het hulle drie mans in ʼn Ford Focus by die kruising aangetref – al drie met skietwonde. Hulle is op die toneel deur paramedici dood verklaar,” het Van Wyk gesê

Die mans was tussen 21 en 43 jaar oud.

“Dit word beweer die mans was op pad na Mitchell’s Plain toe een of meer onbekende verdagtes in ʼn onbekende motor verby hulle gery en op hulle losgebrand het. Verskeie skote is geskiet en die mans is noodlottig gewond,” het Van Wyk gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

“Die moontlikheid dat dié voorval bendeverwant kan wees word ondersoek.”

Enigiemand met inligting oor die moorde kan die Lentegeur-polisie by 021 377 5000 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.