Drie mans spring van eerste vloer by winkelsentrum

Paramedici behandel twee van die mans wat gespring het (Foto: Verskaf)

Drie mans is ernstig beseer toe hulle Woensdagmiddag van die eerste vloer van ʼn bekende winkelsentrum in Umhlanga, noord van Durban in KwaZulu-Natal, geval het. Dit volg nadat hulle glo van die winkelsentrum se sekuriteitsbeamptes probeer wegkom het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê paramedici is Woensdagmiddag omstreeks 15:00 na die winkelsentrum ontbied.

Herbst sê die drie mans het van die eerste vloer van die winkelsentrum gespring om te probeer wegkom van die winkelsentrum se sekuriteitswagte wat hulle agterna gesit het. Dit is nog nie bekend waarom hulle probeer vlug het nie.

Twee van die mans het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici behandel waarna hulle per ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die toestand van die derde man is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Misky ·

Hulle het Woolworths probeer roof en in hul poging om weg te kom, van die 1ste verdieping gespring. (Ek praat onder korreksie en op facebook gelees)

Scalla ·

hulle het hul letterlik binne in die hospitaal ingeval en hoop hul word deeglik ondersoek deur n ginekoloog.
, ha ha

Sarel ·

Hoop net nie dit was weer een of ander simpel Lockdown oortreding nie.

Okmardom ·

So nou kan die personeel mooi veilig gaan kyk hoe lyk die rowers wat nie n duit vir hul lewens omgegee het nie. Die persoon wat van binne af inligting gegee het is seker nou bietjie benoud! Fight and fight till you die…then rest in peace. So funny!

Alexz ·

Hulle het vergeet om Red Bull te drink.
Red Bull gives you Wings.

koos10 ·

“Only in SA”, gewone burgers mag nie rook en drink nie, om klaarblyklik plekke in die hospitale oop te hou vir COVID 19 gevalle.
Nou kan daai plekke deur kriminele op geneem word?

Jr ·

Ja nou gaan die sekuriteit in die moeilikheid wees. Daar gaan nou ondersoek wees en een of ander MINI STAR gaan nou vir die ouers besoek en geen klip sal nie omgedraai wees in die soek vir die beskuldiges . Geld gee en n nuwe huis vir hulle gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.