Drie mans sterf in KZN-botsing

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Drie mans is dood en twee beseer in ʼn botsing op die N2 naby Stanger in KwaZulu-Natal.

Volgens Netcare 911 het ʼn dubbelkajuitbakkie agter teen ʼn vragmotor gebots. Drie mans is op die toneel dood verklaar.

Die ander twee mans is ernstig beseer en op die toneel behandel voordat hulle na ‘n hospitaal gehaas is vir verdere dringende mediese sorg.

Volgens paramedici moes die bestuurder van die bakkie se lyk met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leonard ·

Net SPOED & SIGBAARHEID kan oorsaak wees. Jammer vir die ongeluk

Peet Schabort ·

Ek sien op die foto ook ‘n padreëling wat die bakkie getref het. Dit lyk asof die vragmotor ook heel links gehou het wat gewoonlik die stadige baan is sodat vinniger verkeer regs kan verbygaan. Stem saam met Leonard en daar kon nie betyds gerem word.
Ai, dit is darem so onnodig veral op ‘n snelweg waar daar met geduld genoeg pad is vir almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.