Drie mense verskeur toe honde oor heining spring

Argieffoto: @WCHEMS/Twitter

Die polisie in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap ondersoek ʼn voorval waartydens ʼn 67-jarige vrou en twee mense wat haar te hulp gesnel het deur twee aggressiewe honde verskeur is.

Die vrou se eie hond is ook tydens die aanval deur die ander twee honde doodgebyt.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Maandag omstreeks 11:00 in Kabeljauwsweg gebeur. Volgens Nkohli het die vrou met haar hond in die straat gestap toe twee Amerikaanse veghonde (pitbulls) oor die heining van een van die huise in die straat gespring en haar bestorm het.

Twee mense het gesien wat gebeur en probeer om die vrou te help, maar is ook erg deur die honde gebyt.

Volgens Nkohli kon hulle daarin slaag om die honde af te weer en beamptes van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is ontbied om die aggressiewe honde van die toneel te verwyder. “Die drie beseerdes is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling. Die vrou se hond is ongelukkig op die toneel dood.”

Nkohli het gesê ʼn saak van die oortreding van die Wysigingswet op Diere-aangeleenthede word ondersoek.

Dit is nie bekend of die twee honde van kant gemaak is ná die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Koos ·

Twyfel of die gemiddelde Maroelaleser die omvang van ‘n eis wat kan volg op ‘n erge hondebyt begryp. Hoop maar net die eienaar het versekering, of het ‘n afbetaalde huis wat opgeveil kan word as die skade groot is.

Skokkend ·

Dit geld net vir mense met addresse, mense wie ‘ontken’ dit is hulle honde en wie se honde permanent op straat is kom niks oor nie, moet jouself nie bluf nie. Dit is net sekere mense wat vervolg word, die ander se honde is permanent op straat en as daar ‘n gebytery of voorval is ontken hulle dat dit hulle honde is. Daar is mos nie meer hondelisensies nie, hoe weet jy wie se hond is dit as ‘n ‘eienaar’ net se dit is nie syne nie? Hoe bewys jy dit? JAMMER oor al die beserings .. mense moet hulle honde agter slot en grendel hou maar HULLE LUISTER NIE!

Koos ·

@ Skokkend: Hang maar af, as die skade groot is dan weet niemand wie is die eienaar nie. As dit ‘n klein brak is wat jou jaag en jy gee hom ‘n behoorlike loesing sal die eienaar gou na vore tree. As ‘n hond na my hap terwyl ek in die straat stap of draf moet hy maar vat wat ek uitdeel.

Wilmarie ·

ONAANVAARBAAR!!! Ek is n diereliefhebber, en het self 3 honde, maar daar is nie n manier hoe hulle oor n heining of hek kan spring en ander mense en diere kan aanval of verskeur nie! Hoe hou n mens sulke gevaarlike honde aan as hulle oor die heining kan spring? Dis onaanvaarbaar!!

Francois le Cochon ·

Pitbulls kan met gemak oor ‘n 3 meter draad of staal heining klim wat “vaskopplek” het.

Leser ·

Jy is reg Francois le Cochon…ons het self een gehad, en NIKS keer hom as hy die dag oor daardie muur wil kom nie. Dit is ongelukkig een van die redes waarom ons van ons pitbull ontslae geraak het. Pragtige diere, maar hulle bly onvoorspelbaar.

elize ·

my 2 x honed is ook aangeval deur n pitbull in my erf, en toe ek dit vir die eienaar van die pitbull my rekening van die veearts gee, toe se hy dis my skuld, my erf was nie goed toe gemaak nie

elisa ·

Dit is die rede waarom ek met n blikkie pepperspray loop wanneer ek met my honde gaan stap. Was jare gelede deur n hond aangeval en my lewe was nog nooit weer dieselfde nie. Onverantwoordelike honde eienaars kom te lig daarvan af. Jammer dat daar nie n stelsel is wat sulke eienaars onvanpas om weer honde te besit kan identifiseer en verbied om weer honde te hê nie. Hulle moet ook verantwoordelik gehou word vir alle mediese koste en vir die emosionele skade wat aangerig word. Ongelukkig is so iets net n wensdroom. My innge meegevoel aan die partye wat geraak is, veral die dame wat ook nou haar ‘companion’ verloor het. my hart gaan uit na haar. en dankie aan die brawes wat haar probeer help het.

Potlood ·

Ek self gaan draf deesdae met ‘n knipmes want as jy nie jou honde onder beheer kan hou nie… Ek gaan nie agv ander se slegte besluite ly nie… Pitbulls is bad, ek is nie seker daars baie wat daardie honde stop nie… Het gesien hoe val 2 van hulle, hulle eienaar aan. een trek die been en ander die arm… Hulle het nie genade nie…
Hou jou honde binne jou erf! En ek bedoel, verseker dat jou honde Binne jou erf bly… As ek dit kan doen, kan ander ook.

James ·

9 uit 10 keer as daar op Maroela gepraat word van honde wat ander verskeur is dit Amerikaanse veghonde. Hierdie honde is ‘n probleem in SA – veral in jou bruin gemeenskap van SA.

Vraagteken ·

Jy’s bietjie onakkuraat in jou kommentaar. Ja, 9 uit 10 keer word daarvan Pitbulls gepraat, maar dit beteken nie noodwendig dat daar nie ander honde ook aanval nie (dis die enigste ras wat dit die moeitewerd maak om oor te skryf). Kom ons wees eerlik; dis baie moeilik om ‘n berig te skryf oor ‘chops’, die Jack-Russel, wat die ou tannie agter op die hak gebyt het.

CK ·

RERIG!!!!! en wat van die ander honde ook. Kry ASB jou feite reg, voor jy sulke stellings maak. Ek het self 3 Pittbulle en ja hulle is van nature honde wat kan spring of jy dit vir hulle leer of nie. Dit is sleg dat die eienaar nie voorsorg getref het nie. Innige simpatie vir die mense wat ‘n trauma deur gaan. Sterke aan hulle. Dit is elke hondeienaar se verantwoordelikheid om te sorg dat sy honde nie uit kan kom nie.

hannes ·

nie alle pitbulls is probleem honde nie so as jy niks weet van hulle nie bly liewers stil ek het 2 en sal nooit ander honde kry nie as hulle dan nou so wild is waarom doen hulle niks aan my kat nie

Nettie ·

Nie 99% van alle pitbulls is probleemhonde nie. Rottweilers, Dobermans, Alsatians, Boerboele, Rhodesiese Rifrûe, Maltesers, basterbrakke en “street specials” …….. noem maar op: enige hond kan en sal byt wanneer geprovokeer of wanneer ‘n ander hond in sy/haar ‘gebied’ kom. Tien teen een was die (arme) woef wat doodgebyt is een van daai keffertjies wat aanhoudend blaf vir al wat leef en beef sover hulle loop.

Die eienaars van die pitty’s moes egter seker gemaak het dat sy/haar honde NIE in die straat kon kom nie. Soos een kommentator hierbo opmerk, as daar vastrapplek is, sal verál ‘n pitty maklik oor ‘n 3m muur/heining kom. As jy ‘n hond wil aanhou, wat ‘n hoër as normale aggressie-vlak het, maak voorsiening daarvoor om jou erf te beveilig en jou hond BINNE-IN jou erf te hou. Gee jou aktiewe, meer-aggressiewe hond genoeg aandag en OPLEIDING.

DIT IS NIE DIE HOND SE SKULD AS HY VOLGENS SY AARD EN BESKERMINGSDRANG OPTREE NIE. Ons mense is veronderstel om slimmer te wees, maar partykeer kan ons dommer as die domste amebe wees.

Heleen ·

Nee James! Jy is verkeerd….gaan doen WEER jou navoring! Ek onthou spesifiek daar was berig van 2 kinders onlangs wie aangeval is deur honde. 1 n rotweiler en 1 n boerboel…daai twee is jou gevaarlikste honde!

Ons het in my leeftyd al boerboele, jack russels en nou n pitbul.. Die boerboel is baie baie baie meer gevaarlik!

Dit kom neer op HOE jy jou hond grootmaak.

Tanzie ·

Jy bedoel seker 5 uit 10 keer want die ander 5 keer is dit Rotweilers waarvan gepraat word. Moet nie altyd die fout by die honde soek nie. Gaan kyk hoe hulle grootgemaak word.

WWW ·

n Pitbull wat n mens vir geen rede aanval nie is nie n Pitbull nie! Die standaard van die honde-ras bepaal dat hulle glad nie mens agrisief moet optree nie, hulle sal wel hul eienaar beskerm indien nodig. Wat die meeste mense nie verstaan nie, is dat 90% van Temprament deur genetika bepaal word m.a.w. as jy nie ten minste drie of vier geslagte van jou hond se voorouers en hulle die kwaliteit van hul genetika kan identifiseer nie, is jy en jou hond die probleem.
Die hoof probleem is as jy n sterk werks hond soos n pitbull, wat volgens standaard dier agresief is met n hond kruis wat mens agresief is, al is die kruising n geslag of twee terug gedoen.
HEEL BELANGRIKSTE – SELF VOLGENS DIE PITBULL VEREENIGING SE STANDAARD IS DIE AANBEVELING DAT N PITBULL WAT MENS AGRESSIE TOON VANKANT GEMAAK MOET WORD!
As jy nie kan bekostig om n kwaliteit hond by n kwaliteit teler te koop nie, kan jy ook nie bekostig om voldoende na die dier op die regte manier om te sien nie en is jy werklik die probleem.

Domvraag ·

Dan is daar steeds mense wat glo dat pitbuĺls nie gevaarlik is nie. Die aanhou van sulke honde moet verban word. Ek moes self n pitbull vankant maak. Die hond het in n oogwenk sonder rede van die vruendelikheid na n monster verander.

Leon ·

‘n Hond is wat die eienaar van hom/haar maak! Vriende van my het verskeie “aggressiewe” honde, gaan stap met hulle, voor huise met “aggresiewe” honde, en daar het nog nooit niks gebeur, binne of buite die erf nie.

HPV ·

Skiet alle diere wat weerlose en onskuldige mense en kinders aanval.

Andrea ·

Regtig?! Nou hoekom word mense wat weerlose mense en diere aanval nie ook geskiet nie?
Mense hou kwaai honde aan om hul te beskerm. Dit is so dat mens hiperversigtig moet wees dat hul nie onskuldiges byt nie, maar hierdie slegte goed gebeur. My ToyPom het Saterdag tussen my, my gaste se kar en die hek deurgeglip, straattoe gehol en amper onder n kar beland. Ongeluk, nie aspris nie. Wat as sy n Rottie, Pittie of Jackie was en n verbyganger gebyt het?

OKAY ·

Die honde is duidelik aggresief groot gemaak.

enige hond ongeag van sy ” breed” kan so wees.

pitbulls is sagte, liefde volle honde.

Johan ·

‘n Hond is wat die eienaar van hom maak. Ons het ‘n pitbull en dit is die liefdevolste hond wat jy kan kry. As die eienaar die hond kwaai groot maak gaan die hond kwaai wees. Wat hulle nie se nie is het die dame met haar hond teen die heining gestap en haar hond het die ander honde geterg? Sal dit graag wil weet.

christa ·

dis die regering se skuld dat mense sulke mensvreter honed aanhou. Maar as jy nie jou honed in jou erf kan hou nie, moet jy belet word om ooit weer honed aan te hou. Hoop die eienaar kry die swaarste boete ooit

Chris Ws ·

My dogter-hulle se pitbul teef is baie kalm by hulle en met hul kuiermense en hul seuntjie speel met haar sonder probleme.maar laat ‘n volksvreemde persoon OF ‘n vreemde hond naby kom skop haar ingebore natuur in en raak sy verwoed.Dis ‘n baie goeie hond soort.Hulle is baie sterk en kompitisies word gereeld gehou.Die SA rekord vir gewig sleep deur so hond was 9 ton.
Mense wat hulle nie ken nie kan nie praat nie.Die vrou se hond was waarskynlik die “trigger” wat hulle laat aanval het en toe sy haar hond wou red is sy aangeval.Miskien is twee van hulle by mekaar ook ‘n faktor gewees.

Regtig? ·

Moenie sê pitbulls is “vriendelike”, “liefdevolle” honde nie. As hulle onverwags oor ‘n muur kan spring en byna 3 doodbyt, is hulle “dom” en “onvoorspelbaar”. Ek sal sê stuur hulle hemel toe – hier’s genoeg drama en wreedheid in die land.

**anoniem** ·

@Regtig? Jy weet nie waarvan jy praat nie. Pitbulls is liefdevol en uiters intelligente honde, mits hulle op die regte manier groot gemaak word en gestimuleer word. Dit is as gevolg van DOM mense/kinders wat verby huise loop en honde terg dat hulle so aggressief word. Ek het ‘n Rottweiler wat kinders absoluut haat omdat hulle hom deur die dag as ons by die werk is met klippe gooi en terg. Moenie altyd die hond die skuld gee vir DOM mense/kinders se besluite en gewoontes nie. #educateyourself

Rerig??? ·

Ñ hond is ñ hond maaki saak van sy breed ni as hy so geleer is dan doen hy so. Ek het 2 pittbulls en is di liefdevolste honde soek baie aandag en liefde. Almal wil altyd hul sleg sê… ongelukkig was di pitties nou so geleer en groot gemaak. Jy as mens word ook geleer as jy groot word so as jy streg groot gemaak word het jy manier en as jy gelos was om jou sin tekry en maak wat jy wil dan was jy ñ brat. Selfde geld vir ñ hond maak hom reg groot en hy beskerm jou met sy lewe

Rottie Mallotie ·

Ok wag vir dit. Ja wag. Jip hier kom dit….. die stroom van kommentare…. maar pitbulls is dan sulke liefdevolle honde. Dit moet die eienaar se skuld wees. Jip teen 12:00 vanmiddag vloei die kommentare weer. Feit bly staan pitbull byt mens, mens gaan hospitaal toe, mens gaan nou die dinges uit eienaar dagvaar!

Liefdevol ·

En mense VERMOOR Ander mense, so maak ons nou almal dood? Euthanise ons die hele spul omdat daar 10 voorvalle ‘n jaar is?? Wat van die duisende moorde wat deur MENSE gepleeg word??? Deur ‘liefdevolle mense”. Almal se altyd na ‘n moord, maar JAnnie was dan so ‘n LIEFLIKE kind . so ‘n gehoorsame pragtige mens … NOU TOE >>

JSG ·

Eintlik moeilik om te besluit wie die wreedste is, hond of mens? Op die stadium dink ek wen die mens.

Snippie ·

Ek is al ‘n paar keer in my lewe deur honde aangeval wat uit erwe kom. Ek moes ook net nou die dag ‘n jong kind te hulp snel wat deur ‘n hond in die straat bedreig was. (Dan raak hulle eienaars sommer aggresief as mens heel vriendskaplik met hulle probeer gesels? Net soos van die kommentators hierbo – voel seker skuldig.)
Feit is daar is honde eienaars wie nie verantwoordelikheid neem (in die algemeen ‘n vreemde konsep vir baie in SA) en hulle slapgeit dan (dreigend) jou probleem maak.

JSG ·

Stem nogal saam. Indien jy wil “leeus” aanhou, sorg dat die heining reg is. Gee nie om wat mense se kommentaar oor honde is, punt bly staan, hulle hoort nie buite jou erf.

Gina ·

Ek gaan stap elke dag met my hond. Sy is aan haar leiband. My dogter draf ook saans. Soveel mense se hekke staan oop. Of daar is gate in hul heining. Groot honde storm ons. My senuwees is op. Mense het net eenvoudig n “don’t care” houding.

lulu ·

Gina
dit is mense soos jy wat my bloed laat kook
goeie ding om jou hond te vat vir oefening maar wragtag
nou hardloop jul op en af in buurt met jul pragtige woefie en honde wat veilig is binne hul erwe word so ontstel dat hul mekaar binne in erf verskeur
dit is wat my 2 groot honde met my PUG gedoen het en jy wat nog meer honde in hul erf ontstel weet van niks
Gaan draf met jou woefie al om jou huis want jy maak groter amok as enige iemand anders

Jaap ·

Honde word groot gemaak deur mense en ja hulle het hul eie identiteit.
Ek bly self naby 2 skole.Kinders gooi daagliks my honde met klippe en terg hulle.
So as klein kindertjies buite lawaai en skree,selfs ander honde word hulle mal.
Maar kinders binne in erf is hulle rustigheid vanself.
Leer jou kinders maniere en nie om honde te terg,gooi met goed of wat okal nie.

Johan ·

Leon en OK – ek stem saam dat honde is wat hul base van hul maak. En nee ek het die Pitbull honde nie. Sekere rasse dink ek is egter “meer geneig” tot agressie, maar dit maak nie alle honde van so ‘n ras summier sleg en aggressief nie.

James, het jy geweet worshonde is verantwoordelik vir die meeste bytwonde aan mense? Natuurlik nie met die gevreesde gevolge van ‘n Pittbull se byt nie. Mense dink worsies is so oulik en karring en dan word hulle gebyt. Sulke byte is natuurlik net nie nuuswaardig nie, omdat die gevolge nie so erg is nie. Maar jou 9/10 syfer is nie reg nie. En ja – nou wag ek vir sekere mense se kommentaar. Gaan nie name nou noem nie :)

Francois Joubert ·

Moenie vergeet van die liefdevolle English Crocker Spaniel nie wat graag byt. Die veiligste hond by kinders is ‘n Rottweiler. Dit is nie ‘n opinie nie maar ‘n feit. Suid Afrika het egter van die slegste gene ter wereld vir hierdie ras sodat 80% van Rottweilers in hierdie land ‘rubbish’ is. Ek hou nie van ‘n Doberman nie, ek vertrou hulle nie, maar ‘n vriend koop een vir R 8 000 en nou kan ek ook ‘n Doberman wardeer vir wat hul behoort te wees.

Hennie ·

Mask nie saak watter hond dit is nie, die eienaar moet verantwoordelik gehou word vir elke sent! Ek ek dink sulke diere moet uitgesit word. As hulle dit eenmaal gedoen het, wie gee waarborg dat die hond dit nie weer sal doen nie!?

Lerato ·

Die een sê Pitbulls is sag geaard en die ander een sê hulle is aggresief. Altwee is reg.
Daar is groot tempramentele verskille in elke ras.

E.K. die eerste ·

Nou stry almal weer of pittpull of ander rasse die gevaarlikste is. Die feit is ONVERANTWOORDELIKE mense is honde-eienaars en dis die EINTLIKE probleem! Ek dink veral aggressiewe tipe honderasse se eienaars moet ‘n tipe kursus loop en seker maak hul weet te alle tye hoe om hul honde te hanteer en dat die diere self ook met die eienaar geleer word. Ook moet daar ordentlike omheinings by hul erwe is vir hul diere.

elisa ·

E.K die eerste, jy slaan die spyker op die kop daar. mense weet nie hoe om honde te hanteer nie, dit raak n probleem as dit groot honde is wat kan skade aanrig. mense kry honde en los dit net daar, maar die eienaars en die honde het opleiding nodig. honde is diere, n mens moet verstaan hoe hulle koppe werk en as eienaar moet jy leer hoe om hulle te hanteer. die honde moet gesosialiseer word om met mense en ander honde oor die weg te kom.

Instink ·

Nie regtig, instink oortref alle mens-aangeplakte gedrag.

Johan ·

Skuus James en allemal – Chihuahua is verantwoordelik vir meeste byte. Ek raak altyd deurmekaar met hulle en die worsie, juis omdat ‘n worsie ons Rottie gestorm het toe ons een middag gaan stap het. Was snaaks gewees toe die worsie “reverse” toe hy eindelik besef wat hy wou doen !!!

Koos ·

Diegene wat verkondig hoe lieftallig hulle pitbulls is, moenie hier donasies vra as die hond jou kind half opvreet nie. Hulle is onvoorspelbaar en rig ontsaglik baie skade aan. As jou huishulp of tuinier permanente skade opdoen of selfs gestrem is agterna maak jou maar gereed om jou sak hard te skud….

JSG ·

@Koos. Stem saam. Honde word volgens agressie vlakke ingedeel en indien ‘n hond in ‘n hoë katagorie val, moet spesiale voorsorg getref word. Ongeag of die hond agresief voorkom of nie. Indien nie, moenie krokkedil trane agterna stort.

Jaap ·

Thx Johan sal daai honde n skip gee as kinders weer honde vra.
Veral die Chihuahua klink gevaarlik.

Ok grap verby.

Yes,eienaars moet verantwoordelik gehou word.?

Blommie ·

Hulle is gevaarlike sterk honde, maak nie saak hoe hulle groot gemaak word nie. Enige hond wat bedreig voel, val aan in die oomblik, nie omdat hulle agresief is nie. Maar omdat dit enige hond groot of klein se instink is om hulle self te beskerm wanneer hulle op watse manier ookal bedreig voel.
Met alle respek, teenoor ALLE diere liefhebbers ek ingesluit, het ons nie daardie opleiding of kennis on n dier perfek groot te maak nie. Daar is professionele mense wat dit doen en steeds daagliks nuwe dinge uitvind rondom die dier. Jy mag dalk dink jy doen reg, maar mense moet maar daai kennis he en steeds gaan jy sukkel. Nie te se as jy jou hond met liefde groot maak, hy nooit bedreig gaan voel nie. Honde verskil, almal van hulle selfse dieselfde tiepe verskil van persoonlikheid. Wat nou maar altyd die beste raad sal wees, is hou jou honde binne jou jaard veillig en wag van bedreiging af. Die arm dier moet altyd deur mense se onkunde ly.

Blommie ·

En net nog n mening wat ek het, mense wat sulke gevaarlike honde het, moet sommer n lisensie kry om hulle te kan aanhou. n toets wat jy deur maak wat se jy dra die kundigheid om na hierdie homd om te sien en dat jou jaard ook veilig genoeg is om so hond aan te hou.
Maar dis somtyds onkundige mense wat sulke honde aanhou, wat nie n benul het wat hulle persoonlikheid behels nie. Dit maak my kwaad dat die diere altyd onder die mense moet ly, hy moet regtig waar n vet boete kry die eienaar.

Hanna Hoekom ·

Ek het lank in die Ongevalle Afdeling v n privaat hospitaal in Pta gewerk. Ons het ontrent elke dag met slagoffers van hondebyte gewerk. 8 uit 10 kere was dit Boerboelle wat gebyt het. Dan gevolg deur Pitbulls en Rottweilers. Ek wil asb nie een van hierdie honderasse naby my he nie: ek het net te veel trauma gesien! Sekere honderasse IS meer geneig om aan te val as ander.

Elize C ·

Ek het ook deur die jare al onder andere boerboele, alsations, en rottweilers gehad, almal pragtige diere. Ek het nog nooit ‘n pitbull gehad nie, maar kan wel sê dat my rottweiler reun een nag ‘n vreemde pitbull wat op een of ander manier deur ons elektriese heining binne-in ons erf gekom het, doodgebyt het….. Ek het my kinders grootgemaak tussen deur die onderskeie honde, en nooit ‘n probleem met enigeen van hulle gehad nie, hulle wou ook nooit ‘n vreemdeling/gaste aanval as ons by is en hulle kan sien ons is rustig in die persoon se teenwoordigheid nie. Hulle sou egter niemand in die erf toelaat as ons nie by is en die “okey” gee nie. As niks anders help om die honde binne die erf te hou nie, probeer dit om ‘n stewige draad deur ‘n 50mm ‘round bar’ te ‘ryg’ wat heel bo-op jou huidige heining vasgemaak word van pilaar na pilaar, wat genoeg speling het dat die ‘round bar’ aanhoudend sal bly rol om die draad as die hond sy voorpote oor die heining wil haak om oor te spring, hy sal dit moeilik vind om vas te trap met sy agterpote om momentum te skep om homself te hys om oor te spring, want sy voorpote gaan bly gly soos wat die ‘round bar’ in die rondte tol.

Skiet dood! ·

Dis juis oor HIERDIE REDE dat ek en my kinders nie eens meer om die blok kan stap nie! Hierdie mensvreter honde wat oor heinings spring! Niemand is meer veilig nie.
Skiet die brake dood en beboed die eienaar – sleep hom hoftoe vir R100de duisende!
Arme tannie. En haar hond het nie verdien om so n nare dood te hê nie.

Sê maar net... ·

Ons het twee Weimeraners. Pragtige honde, maar die twee verskil dag en nag! Een is n rustige liefdevolle woef, en die ander ene baie beskermend oor ons gesin. Dit moet net lyk of iemand aan ons wil vat dan staan sy reg om te byt. Sy is ook nie baie mal oor ander honde nie. Altwee is wel baie lief vir kinders – ons sin en ander mense sin. Ons maak altyd seker dat sy eers toe is voor enige een in kom. Mens moet jou honde ken. Weet wat hulle sal ‘trigger’ en dit dan vermy. Ons erf is ook goed omhein, en alle moontlike plekkies waar hulle n gaatjie kon kry is toegemaak. Dit is nie altyd die hond se skuld nie…dink die eienaars is baie kere meer skuldig. Dis mos oulik as jy n baba hondjie aanmoedig om iemand of iets te byt…

Bianca ·

Kom ons wees almal realisties. Diere is diere as hulle bedreig gaan voel gaan hulle iets doen om hulleself en hulle eiendom te beskerm. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek sê nie wat die hond/e gedoen het is reg nie. Maar ‘n dier val nie net aan omdat hy so voel nie.
Ons eiendom is gemerk dat ons honde het, in die geval pitbulls het. As jy met jou klein hakskeen byter by my hek gaan staan om my honde te tart. Gaan hulle dit onthou en volgende keer sal hulle dalk ‘n muur of twee spring. Want jy betree sy eiendom, sy persoonlike spasie. Ek verpes dit as mense met hulle brakke verby my huis loop, dan besluit hulle hou koek en tee om my honde uit te tart. Jy vra vir moeilikheid. Ek sit nie verniet groot borde reg rondom my huis op vir geen rede nie. As borde by ‘n huis op is en jy weet hoe die honde is, loop eerder aan die ander kant van die pad. My honde het net soveel reg om veilig en besitlik te wees oor wat julle sin is. Almal spring altyd op hulle perdtjies oor diere wat aanval maar dink ‘n bietjie uit die boks. Ons Hemelse Vader het nie diere monsters gemaak nie, hy het hulle instinkte gegee om hulle te beskerm. Mense maak diere wat hulle is.

Susan ·

As jou hond my in die straat aanval , of my ki d, of my hond, skiet ek hom dood. Klaar. As my hond ‘n ander in die steaat aanval sal ek hom ook van kant maak. Onverantwoordelike eienaars behoort gedagvaar te word. En vir diegene wat gaan kommentaar kewer oor die wrede mens, ek, as dierekiefhebber verklaar onomwonde dat die lewe van ‘n mens meer werd is as die van ‘n dier. Die mens is na die beeld van God gemaak en heers oor die skepping, wat diere insluit.
Ek verluuster my soms aan eienaars van gevaarlike honde wat hulle verlustig in – hoe sy hond sal skoonskip maak met ‘n ander’.
Ek stel voor dat ‘n mens wat ‘n gevaarlike tipe hond wil aanhou ‘n permit moet kry nadat sy erf en heinings en toegange geinspekteer is.

Praat Praat En Nog Praat Erdvark ·

Oor ‘n 100 jaar sal Maroela Media sekerlik nog gereeld gevalle publiseer waar mense verskeur of doodgebyt word. Waarom? Omrede net mooi niks gedoen word om die bronoorsaak van die aanvalle proaktief aan te spreek nie. Whoever, whatever, whenever, hoever, so what? Waarom enigsins groot honde aanhou? Wanneer kan ons die volgende aanval verwag?

anton ·

Haai die mense wat so aangaan oor die kwaai en wrede honde………..
Julle het dit verkeerd. Dit is nie die honde of hulle eienaars se skuld as hulle hond/e julle aanval en byt as julle op die sypaaidjie loop nie!!!
DIT IS JULLE EIE SKULD WANT JULLE HET NIE DIE REG OM DAAR TE LOOP NIE!!!
Wat soek julle daar???
Die dag as iemand se hond my buite sy eienaar se erf aanval, sal dit beslis sy laaste aanval wees!!!

lulu ·

Lank lank gelede en dit is lank gelede het ek as kind in ons kerk se erf gaan ry met my boetie se nuwe fiets wat hy vir Kerfees gekry het SO STORM DOMINIE se hond my en byt my aan my been
nogals n slegte byt gewees
maar 3 weke daarna is Dominie se hond dood aan hondsdolheid en ek ry nogsteeds fiets

Liendempers ·

My seun is laasweek gebyt deur n varkhond. Hy het voor n kompleks met sy fiets verby gery. Eienaar het dit goed gedink om sy hoond buite te laat rondhardloop en self binne sy huis te bly. Gelukkig het n tannie hom gehelp. Rekening vir dr was R2500. Eienaar het aangebied om te betaal, maar hou ook vol sy hond is nie gevaarlik. MAAR, sy erf is so groot soos n posseel! Die hond is virseker gefrustreerd. PS. Die betaling wys nog nie?

Amelia ·

My sus het drie pitbulls. Twee in haar agter erf en een voor. Wanneer ons gaan kuier, tel sy die een voor op, dan moet ons hardloop vir die huis en daar sit jy totdat jy besluit om huis toe te gaan. Jy kan glad nie eers in die tuin rondloop nie. Jammer maar om so te kuier is ongemaklik. Wil jy gou winkel toe moet jy eers wag dat sy die hond optel. Dis ook maar gevaarlik om so by die hek te sit en wag. Niks teen die hond nie, maar as jy weet jou hond is gevaarlik en jy kry kuier mense, sit hom in jou agter erf. Nou het ons ons kuiers gestop. Ek self is n diere mens en het my twee rotties agter sodat jy in vrede kan kom kuier.

WWW ·

Ek is jammer maar dit is dan nie opregte pitbulls nie. As sy kwaliteit “pedigree” kan bewys sal ek my woorde sluk.

WWW ·

Kan Maroelamedia asb inligting verskaf hoe die ras van die twee honde bepaal is??

Antjie ·

My seun het ook n pitbull. Hy is so liefdevol en regtig n vryer. Ons laat hom sosialiseer met mense en kinders wat by ons aan huis kom. Geen volks vreemde of ander honde kan naby kom nie dan is dit soos Chris Ws sê dan skop die ingebore natuur in. As jy as eienaar die aggresiewe kant van n pitbull uitbring dan gaan jy n aggresiewe hond kry. Pitbulls is die mens se companion en sal slegs aggeressie toon teenoor ander diere. Dit is n gedeelte wat ek gelees het oor pitbulls. Ek kan my seun se pitty opsoen van liefde.

Maak dit saak WWW ·

Almal wat so aanhou dat “opregte pedigree honde byt nie” moet ophou vir hulself lieg.
n hond is n DIER. Alle DIERE is onvoorspelbaar. Enigiets is moontlik. Daar is baie faktore wat tot so iets kan lei.
Maar GROOT ASSEBLIEF hou op om te sê NOOIT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.