Drie met 50 sakke dagga betrap

Die dagga wat gevind is. Foto: Verskaf

Die Durbanse polisie het Saterdag drie verdagtes in hegtenis geneem nadat meer as R400 000 se dagga in hul besit gevind is.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder vir KwaZulu-Natal, het gesê lede van die provinsiale dwelmeenheid was Saterdag besig met misdaadvoorkomingspligte toe hulle inligting ontvang het dat dwelms by ʼn huis Newlands-Wes aangehou word.

“Daar is op die huis in Gladehillsingel toegeslaan en dit is deursoek. Meer as 50 groot sakke vol gedroogde dagga is gevind en op beslag gelê,” het Gwala gesê.

Die beamptes het ook op R54 000 kontant beslag gelê wat moontlik deur dwelmhandel verkry is.

Drie verdagtes, tussen 25 en 49 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel.

“Volgens voorlopige ondersoek wat op die toneel gedoen is, kry die verdagtes die dagga in Swaziland en vervoer dit met hul bakkie. Die bakkie is op die toneel gevind en geskut.”

Die verdagtes moet Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kwagga ·

Tegnies is dagga nog nie wettig nie, so nee, mag nie rook en bestuur nie.

zoom zoom ·

Dit is okay om te bestuur en te rook. Geen wet verbied dit. Solank dit nie koekeloer twak is nie. Wat gaan ons rook as die polisie nou alles vat en herverkoop

Katvis ·

Nee, jy mag nie rook en bestuur nie. As dit veilig is trek af en rook dan

hendrik ·

die mense wat nie rook moet in ag geneem word as jy wil rook trek af en dan rook

Theresa ·

Pruim dalk maar eerder? dan is albei hande beskikbaar om te help as publieke vervoer voor jou iets vreemd doen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.