Drie met gesteelde renosterhoring betrap

Drie mense is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle met ‘n gesteelde renosterhoring betrap is. (Foto: Rhino Horn Auction / Argieffoto)

Drie mense is op Ingwavuma in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle met ’n vermoedelik gesteelde renosterhoring ter waarde van R500 000 betrap is.

Die Valke in dié provinsie het in samewerking met die Hluhluwe-teenrenosterstropingspan gewerk om die verdagtes op te spoor nadat die polisie inligting ontvang het dat die verdagtes onwettig renosterhoring in die omgewing verkoop.

“’n Voertuig wat met die inligting wat deur die polisie ontvang is strook, is tydens die gesamentlike operasie voorgekeer en deursoek. ’n Renosterhoring is tydens dié soektog in die besit van die verdagtes gevind,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, gesê.

Die verdagtes is vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere aangekla en sal na verwagting vandag in die landdroshof op Ingwavuma verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
JamesJohnNRobert

Vir nuttelose ornamente. Keratin, dieselfde waarvan jou eie neals ook is.