Drie met lewende ietermago gevang

Die ietermago in veilige hande. Foto: SAPD

Die Limpopo-polisie het Woensdag gesê die geveg teen misdaad wat bedreigde spesies teiken, is ʼn opstopper toegedien met die onlangse inhegtenisneming van drie verdagtes wat met ʼn lewende ietermago (pangolin) gevang is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die drie verdagtes, Simba Simango (32), Jacob Thosago (27) en Chipo Maphosa (19), is onlangs by ʼn plaaslike winkelsentrum in Tzaneen in hegtenis geneem.

“Die polisie se honde-eenheid het roetinepligte uitgevoer toe hulle inligting ontvang dat drie mans ʼn ietermago by Lifestyle Mall verkoop. Hulle het vinnig opgetree en die drie mans in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het ʼn lewende ietermago tydens die inhegtenisneming in die verdagtes se voertuig gevind en die dier na ʼn veilige hawe geneem.

Die verdagtes het reeds in die Tzaneen-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn bedreigde spesiesoort. Hulle is borgtog geweier en die saak is tot 19 Mei uitgestel vir nadere ondersoek.

Ngoepe het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat kan help om bedreigde spesies te beskerm.

Ietermago’s, ook bekend as miervreters, is een van die grootste slagoffers van onwettige handel. Baie van die diere sterf ook uit weens mensgemaakte elemente soos elektriese heinings. Weens die hoë aantal ietermago’s wat uitsterf, is die spesie wêreldwyd op die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooilys (gevaarlys) van bedreigde spesies.

In sommige kulture word geglo ietermago’s het genesende kragte, wat verder veroorsaak dat hulle doodgemaak word vir tradisionele medisyne. Die soogdiere word ook beskou as ’n gesogte lekkerny en is dus in aanvraag in lande soos China en Viëtnam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê Zena,
Dankie vir jou kommentaar. Volgens die sesde weergawe van die HAT is ‘ietermago’ en ‘ietermagog’ wisselvorms. Dit is dus nie verkeerdelik in hierdie berig gebruik nie.

Groetnis
Janie nms. Maorela Media

Stellie ·

Ek dink nie n ietermago is n miervreter nie? Maar ek mag verkeerd wees?

Die ironie agter dit als is die genesende kragte… hulle is die draers van die herpes virus wat STDs by mense veroorsaak

humor ·

Hulle vreet beslis miere en is volop in die die kalaharie waar miershope is. Is veral in die nag aktief en word selde opgemerk. Swak werk, hul moes eers gewag het dat die koper opdaag en hom ook vasgetrek het. Is bewus van n geval waar so n koper met R200, 000 beboet is.

Nettie ·

Ietermago/ietermagog/miervreter – een en dieselfde ding. Feit bly staan: dit is ‘n UITERS bedreigde spesie. Die vanne van die ‘manne’ met die ietermago en die feit dat daar by die inboorlinge geglo word dat die ietermago oor magiese kragte beskik, sê alles – soos met renosterhoring, wat die manne glo ‘krag’ gee, word dié arme diertjies gevang, afgeslag en hul vleis geëet, die kop, pote, stert e.d.m. in barbaarse rituele gebruik en muti van gemaak …… Ai, mens sal hul ook nooit raak nie!

Ai ·

Baie goeie werk polisie en wie okal die polisie gebel het! Ek is so sat om te hoor van ons diere wat so gepoach word en bv China toe gestuur word. Kyk nou die arme donkies. Ek word so kwaad ek weet nie of ek moet huil of wat nie. Nee man wat gaan aan met mense. Kinders, diere, ou mense, gestremdes- LOS HULLE UIT!!!

Cherokee ·

Kom ons lees weer die eerste paragraaf. Phillip Bruwer sal beslis nie kan optree as skeidsregter nie. Die geveg teen misdaad ìs ‘n opstopper toegedien? Is jy seker daarvan dat die geveg teen misdaad bedroë daarvan afgekom het, Phillip? Hier van waar ek sit op die pawiljoen lyk dit eerder asof die geveg teen misdaad, die opstopper toegedien het. Asof dit misdaad is wat die opstopper ontvang het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.