Drie met renosterhorings betrap

Die renosterhorings waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Dit lyk of nie eens die landwye staat van afsondering die handel in renosterhoring kan stuit nie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die polisie het beslag gelê op ses renosterhorings en drie mense in hegtenis geneem nadat hulle ʼn wenk oor die horings gekry het.

“Die span het ʼn deursoekings- en beslagleggingsbevel bekom en toegeslaan op die huis in Clau-Clau,” het Mulaudzi gesê.

Die polisie het die perseel gefynkam en verskeie jagmesse in ʼn voertuig op die erf ontdek. ʼn Groot bedrag geld is in die huis gevind. Die renosterhorings is in ʼn buitebadkamer versteek en is glo stelle afkomstig van drie gestroopte renosters.

Die drie verdagtes, twee mans en ʼn vrou, is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op drie voertuie, die horings en die kontant. Hulle verskyn na verwagting Dinsdag in die hof vir die onwettige besit van renosterhorings.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die inhegtenisnemings geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eerlik ·

Dis ongelukkig sake soos die wat nie genoeg aandag by wetstoepassers en howe geniet nie, more is hulle weer vry.

Wilma ·

Hier is die rede vir die plaaswerker wat die onwettige jagters geskiet het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.