Drie metrobeamptes vas oor ‘omkoopgeld’

Tshwane Metropolisie. (Argieffoto)

Drie beamptes van die Tshwane Metropolisie (TMPD) is Vrydag in hegtenis geneem deur die departement se interne ondersoekeenheid nadat hulle glo omkoopgeld geëis en ontvang het van ʼn motoris in Pretoria-Wes.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die TMPD, het gesê die motoris het glo teen aankomende verkeer gery en is deur drie vrouemetropolisiebeamptes voorgekeer. “In plaas daarvan dat die beamptes die motoris ʼn boete opgelê het, het hulle na bewering geld by die motoris geëis,” het Mahamba gesê.

“Die motoris beweer hy het die geld aan hulle gegee en het toe hulle voertuig se nommerplaat neergeskryf toe hulle wegry. Hy is daarna na die TMPD se kantoor om die voorval aan te meld.”

Mahamba sê die metropolisiebeamptes is opgespoor en ondervra en ná verdere ondersoek op aanklagte van omkopery en korrupsie in hegtenis geneem.

“Die drie beamptes, tussen 25 en 35 jaar oud, word tans by ʼn plaaslike polisiestasie aangehou en sal binnekort in die hof verskyn.”

Mahamba het die motoris geloof wat die voorval aangemeld het. “Ons doen ʼn beroep op motoriste om hulle daarvan te weerhou om vir beamptes geld aan te bied en voorvalle aan te meld waar beamptes geld eis,” het hy gesê. “Ons sal voortgaan om korrupsie in ons departement met erns uit te roei.”

Inwoners kan korrupte TMPD-beamptes by die teenkorrupsie-hulplyn aanmeld by 082 891 8625.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Die Skim ·

Kan die Scorpions ook n draai maak in die Vrystaat tussen Bloemfontein en Sasolburg – 3 is n grap – bring n trok saam

Manie ·

Hierdie is n siekte onder die mense. Twee van my vriende het in die week omkoopgeld betaal in Pretoria aan verkeersmense. Hulle is net teenwoordig op plekke waar hulle met hulle duiwelswerk kan aangaan sonder om uitgevang te word

AW ·

As much as the Traffic Officials was wrong and did wrong, I must ask:

From a Rational perspective, I fail to understand as to why that person, whom have contravened the NRTA, and knew he did Wrong, just accepted the “WRITTEN NOTICE” appear in court and state his justification in “Breaking the Law”, however, because if his so weak character and Non existent Ethics and Values, NOW he is the HERO….

And he just got way with what he did wrong….

Abe ·

AW,
Asseblief, hoekom skryf jy nie in Afrikaans nie. Ek kry skaam vir die blatante taalfoute in jou Engels: “traffic officials were wrong”, “I fail to understand why..” “that person who has contravened” . Maggies, man, mense wat Engels magtig is lees ook ons kommentare.

Koos wk ·

Ek stem hiermee saam jou, hy dink hy is die hero maar eintlik is hy die po..pol,,

Se maar net ·

Mense julle maak my moeg… Dalk gedink die persoom is nie vlot in eng of Afrikaans nie? So as ek nie perfek kan skryf en spel moet ek stilbly en onwelkom voel???? Ek pes eie ek mense oh liewe hemel….

Rona ·

Stem saam as jy Afrikaans is wees trots daarop. Waarom in ‘n ander taal kommentaar gee.

Rona ·

Wees trots om afrikaans te wees! Waarom in engels kommentaar gee.

Zelda ·

Ek sien AW is afrikaans. En praat dit goed ook. Askies julle…

Honeybird ·

@aw
I had no problem or issue in understanding your comment !

You are Right

Both parties are in the Wrong !

The Driver that complaint about the three “speed cops” conduct, should have accepted the “Fine” and gone to court to answer to his “Reckless Driving”

Honeybird ·

@aw
I had no problem or issue in understanding your comment !

You are Right

Both parties are in the Wrong !

The Driver that complaint about the three “speed cops” conduct, should have accepted the “Fine” and gone to court to answer to his “Reckless Driving”

Karolis ·

Die gemelde oortreding moet aldus bo redelike twyfel bewys word.
Hierdie tipe mense verhewe hulself tot ‘n mafia tipe status en jy sal deeglik boet indien die oortreders nie skuldig bevind word nie.

Abe ·

Zelda,
Wel, hy kan onmoontlik Eng. wees. Sy Eng. is te swak. Dit laat ons dink hy is Afr. sprekend, wat niks mee verkeerd is nie. Ons punt is dat hy liewer Afrkaans moet skryf. Dit sal ‘n baie beter indruk laat.

Kan dit wees. ·

Help niks om die nr te bel nie. Dame wat die foon antwoord se net stuur n mail. Mail gaan nie deur nie so jy kla verniet.

Ben ·

O ma is ok on teen aankomende verkeer te ry en mens se lewe in geváar te stel ma is nie ok om geld te vat nie seker weer n taxi

Wim ·

Mahamba het die oortreder geloof, maar wat van die ernstige oortreding wat hy willens en wetens began het.

Nel ·

Kla sommer ook ‘n slag oor die uiters swak Afrikaanse taalgebruik en spelling van sommige kommentators hier.

Abe ·

Nel,
Ja, ek stem saam. Mens kan net die moeite doen en jou boodskap eenkeer proeflees voor jy sommer net stuur.

Snowball ·

Etiese vraagstuk ja, wie is meer verkeerd en vervolgbaar? Die oortreder wat teen verkeer ry, of die metro polisie wat omkoopgeld vat? Altwee is skuldig. Ek is egter oortuig dat enige poging om korrupsie aan die kaak te stel meriete het, selfs deur dié ouens wat nie verkeersreëls nakom nie. Die korrupte metro polisie het ‘n verantwoordelikheid gehad om die publiek se veiligheid te verseker en dié ou te vervolg, wat hulle nie gedoen het nie. Hulle eis geld en versuim om hulle werk te doen. Hulle is korrup. Die skuldige het waarskynlik in weerwraak opgetree, maar dit kan korrupte beamptes twee keer laat dink oor uitbuiting en geld eis, as hulle sien selfs die skuldiges is hartlik dik vir hulle korrupsie en uitbuiting. Hoe meer van hulle vervolg en uit die sisteem verwyder word, hoe meer sal wetstoepassing effektief plaasvind.

Andre ·

Die motoris geloof…wat net so skuldig is..dit is die tipe denkwyse wat ons land verwoes…Wat my altyd laat wonder, wat doen die beamptes op gewone dae. Op vakansiedae sien mens honderde op hoofwee en by tolhekke. Maar as ek een n week sien, is dit baie. Het daardie motors ooit tracking devices in wat gemonitor word.

AW ·

In your mind I did “wrong” and I agree that from your perspective, you may have worded the comment, that was posted Differently !!

Eventhough you critizised me and have a problem and a problem with my choice of words, most if not all MM readers did understood, my comment within the context of the topic, without assuming the self righteous position / title of a “Public Judge “.

I will continue to comment on articals possted by MM, and MM readers have the choice, NOT to read it !!!

Only MM, have the prerogative to monitor my comments and to inform me accordingly, should I have transgressed MM’s T&C’s (Rules).

I have No desire what so ever to be in conflict with you and or with any of the other MM readers !!

I Don’t know you, nor am I acquainted with the MM reader’s in person, However, what I Do know Is that you are a Worthy Human Being, and so are the rest of MM readers.

The reality and truth is that we as Individuals, will see and understand things differently and let us then agree to disagree on verious things / topics, with out taking offence and or getting annoyed ….

I am looking forward in reading your future comments on MM.

Regards

Honeybird ·

@aw
I had no problem or issue in understanding your comment !

You are Right

Both parties are in the Wrong !

The Driver that complaint about the three “speed cops” conduct, should have accepted the “Fine” and gone to court to answer to his “Reckless Driving”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.