Drie ministers in 5 dae: Zuma wéér wyd gekritiseer

Minister Pravin Gordhan lewer 2014 se begroting. Foto: GCIS

Minister Pravin Gordhan lewer 2014 se begroting. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma se onverwagse aankondiging om eerder die voormalige minister van finansies, Pravin Godhan, in die posisie aan te stel en David van Rooyen na net drie dae in die pos in die pad te steek, het min gedoen om vertroue in sy presidensiële leiding te herstel.

Zuma is inteendeel Maandag daarvan beskuldig dat hy nie verstaan wat in die land se ekonomie aangaan nie en nie besef het hoeveel skade sy besluit om Nene uit die pos te verwyder, sou aanrig nie.

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê dit is duidelik dat Zuma nie besef het hoeveel teenstand hy sou ontvang oor sy besluit nie.  “President Zuma het oor die afgelope vyf dae Russiese roulette met ons land se ekonomie en toekoms gespeel. Ons geldeenheid het ʼn rekordlaagtepunt bereik, ons banke het miljarde op die JSE verloor en die vertroue van beleggers en graderingsagentskappe het skerp getuimel,” het Maimane gesê.

“Alhoewel ons die terugkeer van Gordhan verwelkom, lyk dit asof Zuma se mees onlangse aankondiging bloot kom nadat hy onder interne druk geswig het. Die kritiek wat hy van beide binne en buite die ANC ontvang het, bewys hy het interne beheer oor sy party verloor en geniet nie langer openbare steun nie.”

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het geen doekies omgedraai in hul reaksie op die aankondiging nie en het gesê die heraanstelling van Gordhan is ʼn bewys dat Suid-Afrika ʼn grap is. “Die land het drie ministers van finansies in een week gehad. As enigiemand nog dink ons is nie ʼn piesangrepubliek nie, is daar geen hulp vir hulle nie,” het die party gesê.

“Geen verduideliking kan die ANC red van hierdie vernedering en grap waardeur hulle die hele land gesit het nie. Die EFF eis Zuma se onmiddellike bedanking voordat hy die land in ʼn nog dieper krisis dompel. Zuma is ʼn vernedering en ramp vir Suid-Afrika.”

Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het op die party se Facebookblad gesê Zuma se aanstelling van Gordhan is ʼn bewys dat hy ʼn “reuse fout” gemaak het deur Nene met Van Rooyen te vervang en “amateuragtig” in sy besluitneming is.

Op sosiale media het Zuma nie veel meer ondersteuning geniet nie en teen Maandagoggend was die hutsmerk #ZumaMusStillFall die gewildste hutsmerk in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Neels ·

Zuma self is net een deel van die problee. Om van hom ontslae te raak kan dalk maklik en vining wees maar die werklike problem is die mense wat hom in sy posisie ondersteun en behou. Daardie lojaliste wat in Jacob Zuma bele het en wie se beleggings nou moet uitkeer, hulle is die werklike probleem en dit is van hulle wat ons ontslae moet raak. Die ANC het ook geen alternatief vir Zuma nie, nie Mev Zuma of Mnr Ramaphosa sal enigsins beter wees as Zuma self nie. Daar is geen lig aan die einde van die tonnel nie. Ek dink die sakeleiers wat altyd polities korrek prober wees moet nou hulle gevoelens begin weergee, hulle dawerende stilte spreek van lamsakkigheid.

Henry ·

Sodra daar van Zuma ontslae geraak kan word, is dit logies dat sy lojaliste se oorlewingskanse minder as nul gaan wees. Die ander faksies wat in die koue gelaat is gedurende die Zuma tydperk, weet hoeka wie en wat die Zuma kamp aanvang en sal vir seker nie huiwer om die spul aan die kaak te stel nie.

Daarna sal die nuwe regime weer dieselfde trieks as die vorige een uithaal. Is immers ou en bekende taktiek wat kenmerkend van Afrika politiek is- in besonder die van Afrikastate in Sub Sahara.

Hierdie swart armlastige state, strompel na Uhuru reeds vir bykans 70 jaar in die donker rond, met skatryk korrupte regime’s met dolleë staatskaste, agtergeblewe en verhongerde bevolkings.

En al die koning se prinse en perde sal nie verhoed dat Hompie Kedompie weer van die muur af sal val* nie.

*Swaar deur bydraer ge-sensor.

Johannes ·

Neel jy is reg die sakewereld was in die verlede en tans nog erger lamsakke.

Pieter ·

Neels, ek stem 100% saam met jou gedagte dat Zuma net die simtoom is en dat mens daadwerklik moet uitvind wie hom in persoon asook die ANC finansieel ondersteun synde hul defnitief gebaat het by die skielike verswakte ekonomiese toestand wat veroorsaak is deur die “sogenaamde besluit” van Zuma.

Moontlik kan die markontleders na ontleding van die koop en verkoop transaksies op die beurs dalk net die vlieg in die salf aan ons openbaar.

Hierdie tipe gedrag kan en mag nie geduld word nie en diegene, wat hiervoor verantwoordelik is, behoort aangekla en vervolg te word synde dit myns insiens met opset gepleeg is ten koste van die land en sy mense.

Myns insiens behoort die ANC, dis nou te se as hul hul geloofwaardigheid sou wou probeer herstel, Zuma en trawante die trekpas te gee.

arie plaasboer ·

Pieter, Jou kommentaar is in die kol.

Die sakeleiers waarna jy verwys is waarskynlik nie alleen RSA sakeleiers nie maar wel tot op `n groot hoogte ook buitelandse sakeleiers wat hul eie belange hier in SA sal wil beskerm teen hierdie amateur President wat hier is.

Antoinette ·

Ek stem saam lagwekkend is die woord daarvoor! Maar die probleem is: wat gaan ons daaraan DOEN!!!

Dee ·

Antoinette, die kruks van jou vraag is wie is ‘ons’. En as jy werklik ons bedoel, moet jy vra wat ‘kàn’ ons daaromtrent doen. Ons blankes het nie sê en hou die komedie dop.

Theresa B ·

Dis lagwekkend. Ek is skaam om te sê ek bly in Suid-Afrika. Wat ‘n sirkus is ons net nie vir die buiteland nie??!! Zuma sal hierdie bedrag in syfers wat hy ons land geskos nie – glad nie kan lees nie. Dalk is dit hoekom hy nie worry nie.

Henry ·

Theresa, jy hoef mos nie skaam te wees nie. Dit is die regime se sirkus en hul narre wat vir die komiese gedeelte verantwoordelik is.
Ons Afrikaners se geskiedenis en suksesse is myle verhef bo hierdie arme siele se manewales.

Naarskrif
Weet nie of hierdie poging ook deur die woordspietkop(pe) gekelder gaan word nie. Sug…

M ·

Hierdie sirkus gaan ons nog lekker laat lag. What a joke! Ek dink daai man weet op die oomblik nie of hy kom of gaan nie met al die negatiewe publisiteit wat sy dom besluite uitlok. Wens ek kan vlieg teen die muur van die parlement wees. Dis seker so geskarrel en rondgehardloop met al die chaos om die vure dood te slaan…. soos hulle se , “from hero to zero”

JaNee ·

As ons die e tol kan boikot kan ons Zuma ook laat bedank. Ons moet elkeen die #Zumamustfall petisie onderteken en in ELKE groot stad aan ń #Zumamustfall optog deelneem soos hul nou in Kaapstad gaan doen. Ons weet dit kan nie die ANC uit bewind neem nie, slegs stemme kan dit doen. Maar ten minste kan hul ń ander president wat nie ongeskool is en kan tel in sy plek aanstel.

Henry ·

Hoe vervelig.
My kommentaar poging is alweer nie Maroela Korrek (MK) nie.
Waarom, sal ek nie weetie.
Slegs die Skim en Manuel Cravalho wat paw paw’s in Wonderboomsuid smous, sal weet.

Rynhardt ·

Om drie ministers van finansies is 5dae te he is n wereldrekord!Net in n piesangrepubliek kan so prestasie behaal word.Die liberale joernalis Andre le Roux skreeu nou al vir die skatryk, Cyril Ramaphosa om president te word.Dit is duidelik dat hy nie mooi weet wat aangaan in SA nie, nog minder kan hy sien hoe die Anc die land opgedinges het nie!

Mariki Erasmus ·

Nou bedank en kry klaar. Dan sal ons almal gelukkig wees.

Henk ·

Al hoe ons dit gaan regkry,is om alle betalings aan staats instansies te stop,soos,stadsrade,Eskom,BTW,e-tol se weerhouding is n bewys van wat kan gebeur

Jan maak n Plan ·

# ZUMA MUST FALL and FALL QUICKLY and VERY HARD!!!!!!!!!!

OuVrou ·

Ja en ek vul net Petisies in en daar gebeur niks. Ek sal aan die optogte deelneem, Zuma moet net uit!!!
Ek weet nie wat besiel die ANC, om hom te ge kies het destyds. Hy moet net uit!

Tammy ·

Ons sit met n ongeletterde president, gekies deur die ongeletterdes! Kan regtig doen met iemand wat opgevoed en geleerd is. Opgevoed soos in (maniere) het. Geleerd soos in universiteit (van gehalte soos Potch) se grade en sommer n paar van hulle in verskillende rigtings verwerf het. Dalk kan so n persoon die land weer optel en tot hoogte bring.

Flippie ·

Daar is net een verklaring vir Zuma se optrede. Hy is deur Soros omgekoop om ontslae te raak van ‘n goeie minister van finansies. Sodoende word onstabiliteit geskep en dit is net wat Soros benodig om miljoene te maak.

Hy wat Zuma is voel vere vir SA en die nasie. Hy dink net aan himself.

arie plaasboer ·

Net `n kommentaar oor wat my nou byval.
In gewaardeerde demokrasiee wereldwyd val die hele parlement gewoonlik saam met die president / premier van daardie land.
Wie glo dit moet in die “demokratiese RSA” ook gebeur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.