Drie ‘misdadigers’ deur gemeenskap gedood

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans van Tonga in Mpumalanga is Dinsdag deur lede van die gemeenskap doodgeslaan nadat hulle van verskeie misdade insluitend roof en verkragting beskuldig is.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die mans, almal in hul vroeë dertigerjare, is glo met geweld deur ’n groep mense uit hul huise geneem. Kort voor middernag het ʼn gemeenskapslid die polisie ingelig dat drie mans deur inwoners van Tonga aangerand word.

Polisielede het na die toneel gehaas, waar hulle slegs die drie erg aangerande mans aangetref het. Paramedici is ontbied en die slagoffers is op die toneel dood verklaar.

Volgens Hlathi het die gemeenskap reg in eie hande geneem omdat die drie mans van verskeie misdade in die gemeenskap beskuldig was. ʼn Driedubbele moordsaak is aanhangig gemaak.

Lt.genl. Mark Magadlela, provinsiale kommissaris, het die moorde veroordeel en gesê daar is geen rede om iemand anders dood te maak nie, ongeag wat die persoon moontlik gedoen het.

“Die onnodige verlies aan lewens kan voorkom word as ons gemeenskappe kan leer om die owerheid en relevante departemente te betrek wanneer misdaad vermoed word, eerder as om reg in eie hande te neem,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Rachell ·

Nee vir wat!? Die polisie laat hulle dan vry na ‘n paar uur dat hulle net weer kan voortgaan met hulle misdade! Ek neem die gemeenskap glad nie kwalik nie! As die regering en polisie niks doen nie dan moet die ‘gemeenskap’ maar reg in eie hande neem. Dalk dat dit die regering wakker skrik en die doodstraf terug bring… maar wat is die kans?!?!

V ·

Ai julle, wil julle nou regtig vir die reeds korrupte regering die mag gee om te besluit oor wie mag en wie mag nie lewe nie. Hulle steur hulle klaar nie aan wetgewing nie. Dit is mos nou die “inding” om ‘n misdadiger te wees om aan die regering se “payroll” te behoort. Wie dink julle gaan in hulle korrel wees met die doodstraf, veral as jy hulle ‘n rede gee, soos bv om jouself in jou eie huis te verdedig. Wil julle dit nou so maklik maak vir hulle?

Rudi ·

Die gemeenskap het hulle vertroue in die SAPS verloor asook die Regstelsel, dus gaan hulle oor om die gereg in hul eie hande te neem.
Dis ook n misdaad vanselfsprekend om dit te doen, dus wat maak hulle anders as die 3 vermoorde verdagtes?
Ps. Dis n retoriese vraag!

Elize ·

Die gemeenskap begin reg in eie hande neem, omdat hul gatvol is vir die misdaad, en die owerhede en relevante departemente ons as landsburgers in die steek laat. Misdaad neem daagliks toe, en wat word regtig gedoen?

Knersus D ·

Mob justice. Ons mense het genoeg gehad en dis hoe dit gaan wees van nou af aan.

Theresa ·

Net so gatvol vir al die misdaad en diè gespuis word “beskerm”. Neem die gemeenskap nie kwalik nie.

Theresa ·

Ongelooflik. Hoekom word my kommentaar nie geplaas nie ????

Christanam ·

Theresa ek kom dit gereeld oor. My kommentaar word eenvoudig net nie geplaas nie. Ek verstaan nie wat ek verkeerd doen nie. Ek vloek nie, maak nie lelike aanmerkings nie maar nee my kommentaar word net eenvoudig weggelaat. Maroela Media begin my nou irreteer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Theresa en Christanam

Theresa se kommentaar verskyn wel op die berig, ons het dit nie verwyder nie. Ek het ‘n navraag aan die tegniese span gestuur om uit te vind waarom julle dalk net bloot nie die kommentaar sien nie.

Christanam, ek kon nie kommentaar van jou kry wat uitgevee is nie. Die kommentaar wat jy onlangs gelewer het verskyn onder andere op die berigte, “Kaapse onnie steeds soek, vermoedelik dood”, “Zimbabwiese man en vrou in Alexandra geskiet”, “Centurion-vrou veg om haar lewe ná ‘spinnekopbyt’” en “Honde met gholfstok gedood; man kry borg” om maar ‘n paar te noem. Laat weet asseblief as daar kommentaar is wat jy gelewer het wat nooit op die berig verskyn het nie, dan moet ons dringend ondersoek instel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gerhard ·

Ek se dis reg dat die gemeenskap reg in eie hande neem. Hul moet maar dit self doen dit is al manier om die skuldiges uit die gemeenskap te kry

STEFAN ·

as die regering die doodstraf terug bring gaan hulle teveel kiesers verloor so daai sal nooit gebeur nie

Hennie ·

Hulle moes seker die polisie kans gee om die mense te vang? Hoe lank is hierdie drie misbaksels reeds besig om te steel, roof, verkrag en te vernietig en die polisie wou hulle graag vang? Dis juis die polisie wie die grootste en beste georganiseerde misdaad bendes is. Die twee voirige polisie kommissarisse altwee onstlaan oor bedrog, een uit die tronk “gehelp” tot sy afsterwe en op sy begrafnis met lof besing oor hoe goeie man hy was! Die ander een haraangestel as Adjunk Minister van Landbou. Wat sê dit alles?

pietie ·

dis ‘n goeie ding dat gemeenskappe ingryp, op youtube is ‘n kort verhaal van ‘n swart gemeenskap wat keelvol geraak het vir misdaad en self begin ingryp het, hul misdaad in daai deel van hul woonbuurt het aansienlik afgeneem, sy naam is john mdayi hoof van enyona taxi rank in guguleto.

Natascha ·

Vigilantes! Nou wonder ek of almal nie maar soos die Bybel ‘n oog-vir-‘n-oog en ‘n tand-vir-‘n-tand stelling moet inneem nie want die polisie, en hieroor is ek baie jammer vir die minderheid wat so hard probeer om hul werk nog goed en reg te doen, het ons gefaal in elke opsig van die woord. Nee wat ek dink die 3 vermoordes het gekry wat hulle toekom en dis nou regtig niks om oor te treur of huis toe te skryf nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.