Drie moorde op een dag in Bloem

Argieffoto

Argieffoto

Die liggame van drie mense is Saterdag in die vroeë oggendure in afsonderlike voorvalle in Bloemfontein gevind.

Volgens konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, is die slagoffers almal in die Bloemspruit-omgewing vermoor.

“Die eerste liggaam is omstreeks 01:10 in Fase 10 gevind. Polisiebeamptes was besig met ‘n roetinepatrollie toe hulle meegedeel is ʼn man se liggaam lê naby ʼn huis,” het Kareli gesê. Die man is in ʼn plas bloed aangetref met ʼn steekwond aan sy bors. ʼn Leë beursie het langs sy liggaam gelê. Hy het niks aan hom gehad waarmee hy dadelik geïidentifiseer kon word nie. Die motief vir sy moord was vermoedelik roof.

Die tweede liggaam is omstreeks 06:40 in Grassland gevind. “ʼn Vrou, in haar vroeë 30’s, is in ʼn stormwatersloot gevind met steekwonde aan haar kop en snywonde aan haar wang en keel. Sy het ook geen identifikasie aan haar gehad nie.” Die motief vir haar moord is onbekend en word ondersoek. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal of sy moontlik verkrag is.

Die derde liggaam, van ʼn man, is omstreeks 07:10 in Grassland 3 opgespoor. Hy het ook ʼn steekwond aan sy bors gehad en is moontlik beroof. Sy identiteit is ook onbekend.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie. Die Bloemspruit-polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Cherokee ·

Bloem, julle maak SA se naam cheap! Zuma werk hard om beheer te hou maar julle neuk alles op!

Laurette Ingram ·

Regtig ? Cherokee, dit gebeur landwyd tensy jy bly waar niks ooit gebeur nie!

Paul Fouché ·

Nou wat bereik Maroela met hierdie berig. Julle koerant is altyd so negatief en raak al hoe meer moeisaam om te lees. Die Cheetahs het die Curriebeker in Bloemfontein gewen, maar julle berig oor mense wat in swartwoongebied vermoor is. Plaas asseblief meer positiewe nuus, ek dink julle gaan lesers verloor omdat julle al ewig so negatiewe beriggewing plaas.

Cherokee ·

Gaan lees jy maar die rugbykoerante. Ons wil weet wat gaan aan die die land. Koebaai.

M ·

Paul jy is duidelik aan die slaap. Hulle berig die waarheid van wat in die land aangaan. Loop jy maar met oogklappe deur die lewe. Maroela is die enigste nuus wat die waarheid verskaf en wat mens kan vertrou. Lees maar Beeld

CommentQueen ·

Mooi Paul! So die Rugby is nou belangriker as 3 mense se lewens???

Zirk ·

Het niemand in SA al gehoor van “black lives matter” nie.? Of is dit ook net weer ‘n Westerse uitvindsel.? Of is ‘n lewe in SA maar in alle geval niks werd nie.?

Paul Fouché ·

Zirk my kommentaar moes dalk eerder gesê het hoekom net die negatiewe berigte. Dit is my probleem, SA is in ʼn gat a.g.v. vele politieke en ekonomiese probleme nou kom ek by my huis na wonderlike Currie Beker en wil lees watse lekker berig is geskryf oor die Cheetahs, maar nee 3 vermoor in Bloemfontein en jy sal maar hard moet soek om iets positiefs op MM se webwerf te kry. Dis altyd so negatief ek is jammer om te lees 3 mense is vermoor, maar om sulke konstante negatiewe beriggeweing te moet lees is moeisaam en glad nie lekker nie. Mens moet nie net fokus op die negatiewe nie en eerder balans vind tussen goeie en slegte.

Lance ·

3 in bloem ok …maar 47 in die res van die land want gemiddeld word 50 mense per dag in SA vermoor …so wat is nie nuus nou eintlik ?

Uiltjie ·

Zirk, dis mense wat VERMOOR is! Die Curriebeker word elke maar gespeel en gewen. Daardie vermoordes kom nooit were terug nie, hulls het ook mense wat oor hulle rou! Of dink jy dis net witmense wat gevoelens het? Jou kommentaar was nou regtig baie ongevraagd en misplaas. Dis oor mense soos jy wat die land lyk soos hy lyk!

Sam ·

Sjoe, Uiltjie. Hoekom vat jy nou vir Zirk aan oor iets wat Paul Fouche kwyt geraak het?

3 mense vermoor met dieselfde modus operandi klink na reeksmoordenaar vir my of P -verslaafde….

Jdp ·

Maroela ek waardeer julle beriggewing net soos dit nou is julle berig oor nuus wat die ander media nie oor berig

Geliefd ·

Kommentaar is skokkend. Hoe kan die moord van 3 mense so hanteer word?Hulle is iemand se broer/ suster/ seun/dogter/ mamma/pappa. Ek hou my hart vas en bid vir mense van ons land. Die manier hoe ons dink en oordeel…….

Nuuswaardig ·

Ek dink nou weer nie die rugby is nuuswaardig nie. Sal my veel eerder toespits op nuus wat saak maak.

Wouter ·

Cherokee wat het Bloem met dit uit te waai. Jy is so narrow minded dat jy nou wraggies dink dis Bloem se skuld. Dit het in Mangaung gebeur nie in Bloem nie. Het die Cheethas nie gisteraand gewys wat is Bloem nie. Dink mooi voor jy sulke nonsens kwyt raak. Jy is seker n Blou Bul.

Heila Fourie ·

Zuma dink net aan homself as ‘n soort god en verder loop mense se bloed in duk strome riviere toe!
kan alle rasse nie maar die velle van hul oë aftrek en behoorlik sien wat aangaan nie.
Moord is moord en kan mense wat met die Bybel onder die arm loop stop om te sê die slagoffer is skuldig en die skuldige onskuldig. shame arme moordenaars! hoop jul brand lekker in die hel!
Sê maar net
Heila Fourie

Heila Fourie ·

Zuma dink hy is ‘n soort god en verder loop die bloed in duk strome af na die riviere toe.
kan alle rasse nie maar die velle van hul oë aftrek en sien wat om hul aangaan nie.
Moord is moord! en kan diegene wat met die Bybel onder die arm loop nie maar stop om te skree dat die slagoffers die skuldiges is en die moordenaars onskuldig is. shame hoop al julle moordenaars! se siele brand lekker in die hel!
Sê maar net
Heila Fourie

Johanna Botha ·

How het rugby dan nou betrekking op die moorde net soos bloem …selfde ding ! Minste se Bloem waat dit gebeur …

M'Lady ·

Dis agv rugby (die Afrikaner se sportgod) dat die land in so n gemors is. SA is verkwansel om tog net weer rugby op internasionale vlak te kon speel.

Tjert ·

Genugtig…. hierdie kommentaar klink soos ‘n babelse verwarring…. klink of meeste kommentaarlewers vanaf sy/haar eie planeet praat…☻ Was daar rugby die naweek? Sjoe, hoekom gaan die mense so heen? Effe verward….

Babs ·

As die nuus jou depressief laat voel, lees net die kommentaar onderaan dit sal jou verseker op cheer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.