Drie motoriste tydens transitorooftog geskiet

Argieffoto ter illustrasie. Foto: Verskaf

Minstens drie mense is gewond toe skote Woensdag omstreeks 19:30 op die R510-snelweg tussen Rustenburg en Mogwase in Noordwes tydens ʼn transitorooftog geklap het.

Drie motoriste, almal mans, is gewond nadat hulle glo in die spervuur van die rooftog beland het.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, is nooddienste na die toneel ontbied waar verskeie motors waaronder ’n transitovoertuig in die pad gestaan het. Die mans is op die toneel vir skietwonde behandel voordat hulle na ʼn hospitaal gehaas is.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het dié voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens Muridili was die beseerde mans motoriste wat toevallig naby aan die transitovoertuig was toe die rowers toegeslaan het.

Muridili het gesê ’n onbekende aantal rowers het ná afloop van die rooftog glo in ’n BMW-motor van die toneel gevlug. Dit is in dié stadium onduidelik of enige geld tydens die rooftog gesteel is.

Die sekuriteitswagte is nie gedurende die rooftog beseer nie.

Muridili het bevestig ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Perspektief ·

Hey Ramaposteltjie, laat ek raai, RSA het ook nie transitorooftogte nie.

Die Verlore Skaap ·

Daais n goeie een Perspekt !
Maar Ramaph het homself in die voet geskiet….nou weet die hele wereld dat hulle plaasmoorde probeer wegsteek !!!

Nettie ·

Hoekom tel niemand van daai spul R100 en R200 note op wat so in die pad lê nie – dis mos “finder’s keeper’s”.

AW ·

CRIME SCENE MANAGEMENT : Do Not Contaminate The Crime Scene !!

Anoniem ·

Hierdie is regtig die gevaarlikste land in die Wêreld ! Enige regsdenkende belegger moet MAAR WEER DINK ! Ai Mnr. Die President in watter land bly JY en wat is die land se naam ????

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit bly tog onverklaarbaar hoe mense tydens so ‘n rooftog naby genoeg aan die “aksie” kan wees om selfoon video’s te skiet en dit op sosiale media te laai………….maar die bestuur van G4S kan nie 3 of 4 skerpskutters in ‘n ongemerkte voertuig agter elke geldwa aanstuur om so ‘n situasie te hanteer nie? As jy naby genoeg kan kom om video’s te neem, is jy ook naby genoeg om met die regte kaliber skerpskutter’s wapen 5 of 6 of meer “rowers” net daar langs die lorrietjie te laat lê….Dit sal net so paar keer gebeur, dan word hierdie nonsens ook stopgesit.

PJC ·

Gemaskerde Sopbeen ek stem volkome saam met jou. Ons het baie goeie skerpskutters in hierdie land wat baie vinnig hierdie rowers kan uithaal wanneer hulle hierdie transito voertuie volg. Dit behoort die probeem vinnig op te los.

AW ·

Heist! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered (Anneliese Burgess)

Cherokee ·

Transitorooftogte is byna daaglikse gebeurtenisse maar dit behoort teen die wet te wees om daartydens omstanders raak te skiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.