Drie Muldersdrift-kleinhoewes in een nag geteiken

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek drie misdaadvoorvalle wat binne net meer as vyf uur op kleinhoewes in die Muldersdrift-gebied in Gauteng plaasgevind het.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die eerste voorval het Woensdag omstreeks 20:00 op ʼn kleinhoewe in Driefontein plaasgevind toe ʼn 89-jarige man ʼn geluid buite die studeerkamer van sy huis gehoor het.

“Hy het gesien hoe twee mans probeer om ʼn skootrekenaar deur ʼn gebreekte venster te verwyder. Die man het een van die verdagtes met sy kierie geslaan en die verdagte het ʼn vuurwapen op hom gerig,” het Ernst gesê. “Daarna het die verdagtes op die vlug geslaan. Geen skote is afgevuur nie en niks is gesteel nie.”

Sy het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot roof.

Slegs ʼn halfuur later was daar ʼn tweede misdaadvoorval op ʼn kleinhoewe in dieselfde gebied. Volgens Ernst was ʼn 36-jarige werker saam met vriende by sy huis op die kleinhoewe toe hy gehoor het hoe die deur oopgestamp word. ʼn Gewapende man het ingekom en die groep se selfone geëis.

“Nog twee verdagtes het ingekom en die slagoffers gedwing om op die vloer te lê. Hulle hande en voete is vasgebind en hulle is aangerand. Die verdagtes het met kontant en verskeie selfone gevlug,” het Ernst gesê. Sy het gesê die slagoffers is nie ernstig beseer nie. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ʼn Paar uur later, omstreeks 01:15, het nog ʼn kleinhoewe in die Elandsdrift-gebied onder rowers deurgeloop. Volgens Ernst was een van die werkers en sy vrou op die kleinhoewe aan die slaap toe hulle wakker geskrik het van ʼn venster wat breek.

“Die vrou het gesien hoe ʼn hand in die huis ingesteek word en sy het geskree. Die verdagte het daarna ʼn skoot afgevuur en die man is in sy been gewond,” het Ernst gesê. Die drie verdagtes, waarvan een gewapen was, het die vrou gedwing om die deur oop te maak. Hulle het ʼn televisiestel, selfone en ʼn skooltas geroof voordat hulle op die vlug geslaan het.”

Ernst het gesê ʼn saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met enige van die drie voorvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Help ·

Muldersdrift moet hulle eie ‘kommando’ of ‘veiligheidspan’ op die been bring. Dit kan mos nie net so aangaan nie? Hulle word daagliks geteiken. Moboliseer ‘n bietjie .. werk saam met sekuriteitsfirmsas en staan vas teen hierdie misdadigers.

aloys ·

regtig dis die enige metode wat kan help. Mense op kleinhoewes en die boere sal vir hulle self beter moet organiseer , beskerm. Wees daarvan bewus dat die gevaar van moorde en diefstal nie sal afneem nie. Hoor net hoe praat Malema.

Jaco ·

Eers verloor ek my werk deur regstellende aksie, toe word BEE ingestel om my firma (wat ek self op die been gebring het) en my as mens verder te onderdruk en van nog inkomste te ontneem, derdens word my belasting geld gemors en asof dit nie genoeg is nie, word daar by ons ingebreek en dit waarvoor ek bloed gesweet het ook beroof!! Waar gaan dit eindig? Is dit die resultaat van n “we want, and we demand” mentaliteit? South Africa is for sure a failed state!!!

Issie ·

Ek bly ook in die omgewing. Dis skrikwekkend hoeveel immigrants daar werk en bly sonder enige paspoort of werkspermitte. Daar word by ons voertuie ingebreek om te steel, en ons mag niks doen nie. Hoeveel moet ons nog hanteer!!!!!

Annie ·

Die regering vaal met vlieend vlerke
Hulle het nie n benul nie

PMB ·

Waar is ons groot BEK politieke leiers??? Sit seker iewers en chicken wings eet en is totaal onbewus van die aanval op ons wit mense?????

Pastoor ·

Goeiemore!! Ek woon nie ver van Muldersdrift nie. Ek is bekommerd oor my volk!! Reg oor SA is ons die teiken van ‘n bose plan teen ons!! Wat tragies is, is die feit dat die ACDP dood stil is en al wanneer jy van hul hoor is Verkiesingstyd! Ons grootste probleem is die feit dat Demokrasie ons vervreemd het van ons Christelike Verantwoordelikheid asook ons Skepper. God is Teokraties en nie Demokraties nie. Lees Openbaring 3 van af vers 14 die Brief aan Laodicea – Laodicea beteken Demokrasie of te wel die mens regeer!! Tyd dat ons ‘n Christelike Teokratiese Party sien met Leierskap wat hulself op die Altaar sit vir ons Volk!! Ek sal dit bly skryf tot elkeen dit besef. Ons het ‘n paar Donald Trump’s maar ons kort Eenheid!! EENDRAG MAAK MAG!! Glo my, met God aan ons kant, is ons ‘n Oormag teen miljoene besetenes wat deur satan beheer word!! Dink ‘n bietjie hier oor asb. Ek is beskikbaar om so saak te mobiliseer!!! Vir elke ware kind van God, watter kultuur ookal, ons het ‘n God wat antwoord!! Lees gerus 1 Joh 4:4 en 2 Kronieke 7:14!! Die Boere het reeds begin mobiliseer!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.