Drie mynwerkers sterf in skag

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Maandag gesê hulle is kwaad en bekommerd oor die koers waarteen mynongelukke by die Sibanye-Stillwater-ondernemings plaasvind.

Dit kom ná Sibanye bevestig het dat drie mynwerkers dood is en twee ander vasgekeer is by die Sibanye-Stillwater Kloof se Ikamvaskag naby Westonaria suidwes van Johannesburg.

NUM meen dit blyk rampe het nou aan die orde van die dag geword by Sibanye Stillwater.

Peter Bailey, NUM se voorsitter van gesondheid en veiligheid, het gesê: “Dit is onaanvaarbaar, ons verkoop nie ons lewens, ledemate of longe aan die industrie nie; net ons arbeid om vir ons gesinne te voorsien.”

Num meen daar is vier werkers oorlede, maar Sibanye het dit betwis en gesê die voorval het vyf mense betrek. Hulle het glo ʼn verlate werksplek binnegegaan.

Volgens hulle is drie werkers se liggame reeds na bo gebring en is reddingspanne op soek na die twee ander.

Hulle het medelye betuig met die families van die oorledenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mynopmeter ·

‘Verlate’ werksplek? Ek neem aan dis ‘n ‘uitgewerkte’ werksplek. Indien wel is dit moeilikheid soek want dit word nie meer instand gehou (veilig gemaak). Hopelik het die myn genoegsame voorsorg getref sodat werkers nie onwetend sulke plekke kan binnegaan. Rotsstortings en tekort aan suurstof is gewoonlik die gevaarlikste. Die opskrif en inhoud is misleidend en skep die indruk dat dit ‘n ongeluk in die skag vd myn is. Dalk moet ‘ondergronds’ net bygevoeg word. ‘Sibanya’ is seker ‘Sibanye’ (par. 2 & 3)?

Landi Slatter ·

Dagsê Mynopmeter

Baie dankie vir jou kommentaar, dit moet inderdaad “Sibanye’ lees. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Skree! ·

wie doen hulle Health and Safety Opleiding. EK WEET watter maatskappy, Ek wil he iemand moet se wie? Die fout moet daar gesoek word, nee nie SOEK nie! Die probleem is daar!Mmense se opleding is gedoen ja,,,nou kom dit by eksamens, en dis n worsmasjien, tick, teken stamp en ALMAL is volgens daardie Safety Maatskappy op standaard.

Danie ·

Dit maak nie saak watter veiligheidsmaatreëls in plek gesit word nie. As hulle wil inkom by ‘n verlate plek keer niks hulle nie. Slotte en heinings word afgeknip / afgesny, deure en mure word afgebreek,

Die enige maatreël wat meer suksesvol bleik te wees (ongelukkig ook nie heeltemal nie) is om gewapende wagte by sulke plek te hê.

Chris Ws ·

Uitgewerkte areas word afgesper volgens wetlike voorskrifte.Maw dit moet so gedoen word dat gereedskap nodig is om toegang te verkry.Nou moet daar gekyk word HOE dit afgesper was en HOE toegang verkry is en WAAROM die werkers in ‘n verbode area inbeweeg het.As al die maatreels in plek was is die werkers skuldig aan hul eie dood.NUM span soos gewoonlik die kar voor al die perde in!

Ria ·

Almal weet dis risiko om by die myn te werk. Ons almal wat by die myn werk geniet ons werk en ken die gevare, maar ons raak mak en dink dit kan nie met ons gebeur nie, tot daar iets gebeur dan word die myn en bestuur beskuldig maak nie saak hoeveel daar vir hulle gesê word as dit onveilig is moenie daar werk nie. Ons hammer op veiligheid maar die mense maak soos hulle wil. Ons doen ons bes ons kan nie nog hul hande ook vashou terwyl hulle moet werk nie. As dit nie werksplek is nie wat maak hulle daar?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.