Drie NW-skole deur betogers geteiken

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Skade van honderde duisende rande is aangerig nadat betogende inwoners in Ledig naby Sun City verlede weke skole in die gebied aan die brand gesteek het, het die Noordwes departement van onderwys gesê.

Die departement het gesê drie skole is verlede Donderdag in die vroeë oggendure aan die brand gesteek. Een klaskamer by die Bakubung Primary School is met die meubels binne afgebrand, terwyl twee klaskamers by die Itumeleng Secondary School se vensters gebreek en een mobiele klaskamer heeltemal afgebrand is. By Mphuphuthe Primary School is een klaskamer gedeeltelik in ʼn brand beskadig.

Volgens die departement sal dit minstens R400 000 kos om die skade te herstel. Hulle hoop dat dit gou gedoen sal word.

Sello Lehari, die Noordwes LUR vir onderwys, het die brandstigting veroordeel en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om kinders se reg op onderwys te respekteer en te beskerm. Die brandstigting by die skole hou glo verband met ʼn betoging deur die inwoners teen die aanstelling van Solomon Mphuphuthe Monnakgotla as die nuwe hoof van die Bakubung-Ba-Ratheo-stam in Ledig.

Die waarnemende hoof, Margaret Monnakgotla, het die provinsiale hooggeregshof genader om Solomon Monnakgotla se aanstelling te keer omdat sy meen hy geniet nie die ondersteuning van die stam nie. Die hof het die aansoek verlede Woensdag van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Oupa Hen ·

Wat sal gebeur as ons alles afbrand waaroor oor ons nie tevrede is nie. Daar sal seker min ven SA oorbly.

Boerseun ·

Die afrikaaner reddingsplan van afriforum Plan B. Ek wag in afwagting on te sien hoe afrikaanse skole gaan privatiseer. Ma ja julle moet maar kultuurgebiede en CVO skole aanhou afskiet, die middelweg en wangdraai lyk of dit ons goed te staan is die laaste 20 jaar.

kanditnieglo ·

Hulle wil maar net seker maak hulle bly ledig vir die res van hulle korupte lewe.

Jordaan ·

Dit is die resultaat van “liberation before education”. Daar is ‘n verwagting geskep van als wat verniet gekry gaan word met geen begrip dat opvoeding en harde werk nodig is nie.

Ig ·

Ek wonder of n Tennderpreneur(s) nie dalk agter alles sit nie?

Jef ·

Ek wonder ook wat sal gebeur as ons alles afbrand maar so is ons nie opgevoed nie, ons wil die land opbou en hulle wil die land afbreek.
Hulle kry voeding maar geen opvoeding.

Tienkie ·

Hulle hoop dat dit gou herstel gaan word!! Seker om weer af te brand!! Wonder wie gaan betaal daarvoor!!

John ·

Wat beteken die woord ‘Ledig’? Ek kry dit nie in die Engelse woordeboek nie. Please, help me!

Veritas ·

John die woord ‘Ledig’ beteken ‘Idle’, ‘nothing to do’. In Afrikaans we have a saying, ‘Ledigheid is die duiwel se oorkussing’ which means that ‘when one has nothing to do, one will eventually resort to wrongdoing’. In this case it appears to be an apt description.

Mielie ·

Verskoning om na skole in ander woonbuurtes te gaan, Dan gaan hulle ongelukkig wees oor die taal beleid en die res is geskiedenis.

Ilse ·

Hulle moet nie die skole weer reg maak nie!!!! NEEEEEE, jy breek af jy bou op.

PJ ·

Onthou in 1976 ok skole afgebrand oor Afrikaans Is die Onderwys dept nou weer besig om Afrikaans in “swart” skole terug te bring ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.