Drie ondervra oor lyk

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Drie mense is vir ondervraging ingeneem nadat die liggaam van ʼn 21-jarige vrou in Philippi, Kaapstad, gevind is.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is Sondagoggend in Browns Farms gevind. “Die polisie is na die toneel ontbied en het die oorledene op haar maag aangetref.”

Volgens Rwexana word daar vermoed dat die vrou verkrag en verwurg is aangesien daar geen sigbare beserings op haar liggaam is nie. Drie mense, twee mans en ʼn vrou tussen die ouderdomme van 25 en 38, is vir ondervraging ingeneem. Hulle is glo die laaste keer saam met die oorledene gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

liewe aarde ·

Liewe aarde, kan dieselfde ondersoekspanne en staatsaanklaer van Oscar hier inspring, hoe kan ‘n vrou se lewe vir mense so geen waarde hê, verkrag en verwurg vir wat, vir die plesier, nee geen hoop en niemand, nie Anc vroueliga of iemand doen of se iets hieroor nie. Hierdie vrou het net soveel reg op lewe soos enige ander vrou.

Sterretjie ·

Liewe aarde ek stem. Al verskil die vrou was nie n “celebs” Daar is so baie gevalle wat ons nie eens van weet nie. n “celebs by wie se huis ingebreek was of as daar skandes is word dit hoof nuus

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.