Drie ondervra oor Mthembu-skietery

Jackson Mthembu Foto: polity.org

Jackson Mthembu Foto: polity.org

Drie verdagtes is in Limpopo in aanhouding nadat ANC-LP Jackson Mthembu Sondagaand geskiet en beroof is toe hy geld by ʼn kitsbank in Witbank, Mpumalanga wou trek.

Brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het Dinsdag beklemtoon dat die verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is, en dat die polisie nog nie kan sê of die mans aan Mthembu se skietvoorval verbind kan word nie.

Die mans is Maandag omstreeks 22:30 in Tzaneen in hegtenis geneem vir die besit van vermeende gesteelde eiendom, waaronder ʼn skootrekenaar, 30 slimfone en 28 gekloonde kredietkaarte.

Mthembu het die aand by ʼn kitsbank in Mandelastraat geld getrek, toe gewapende mans hom oorval en al sy geld uit sy bank onttrek het.

Mohlala het Maandagaand verduidelik ʼn skoot het afgegaan tydens ʼn struweling tussen Mthembu en een van die rowers en ʼn koeël het sy wang rakelings getref en hom toe in sy skouer getref. “Die gewapende man en sy drie medepligtiges is dadelik na Mthembu se motor waar vier van sy vriende gesit en wag het,” het Mohlala bygevoeg. “Die rowers het Mthembu en sy vriende ook van hul geld en selfone beroof.”

Die ANC het vroeër gesê Mthembu het self na die Emalahleni-privaat hospitaal gery. Die party het vroeër ontken dat die voorval polities gedrewe was.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anet ·

LP Jackson, niks nuuts nie. Daar is daagliks sulke misdade teen ons almal. Hoekom hierdie berig skielik so nuuswaardig is weet ek nou nie juis nie. Ek was al self aangeval in my eie woonstel, en dit was net genade dat ek die dood vrygespring het, en dan maar net nog ‘n statistiek in Suid-Afrika.Miskien sal die regering nou wakker word, as hulle MP’s ook aangeval word.

alet ·

Hulle het vinnig gevorder met ondervraaging van mense na die skiet voorval.As dit n plaas aanval was sou hulle nou nog na die kastige verdagtis gesoek het maar die Polisie is altyd warm op die spoor dan hoor jy oor 6 of 7 maand later een is vasgetrek .en kan nie verbind word daarmee.

Eben ·

Ek hoop die gaping tussen sy tande word ook hestel want dis waar al sy strooi pratery uitkom …. Stem saam Alet ek het weer gehoop die ouens kom weg dat hulle ook die gevoel van magteloosheid ervaar.

Drieks ·

Dit is so Anet, en mens herstel nie van so aanval nie. En ek hoop dat die anc weet, hul moet begin met oopvoeding, dat mense” leer “omgee vir ander se lewens. Dalk gaan Jackson nou iewers begin praat met die regte mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.