Drie ongelukke binne minute op N3

Die toneel nadat 'n derde vragmotor in die eerste ongelukstoneel ingeploeg het. Foto: @Rescue_unit op Twitter.

Die toneel nadat ‘n derde vragmotor in die eerste ongelukstoneel ingeploeg het. Foto: @Rescue_unit op Twitter.

Een persoon is dood en vier mense is beseer tydens drie ongelukke wat minute ná mekaar op die N3 naby die Marianhill-tolplaza in KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê in die eerste ongeluk is een persoon dood nadat twee vragmotors gebots het. “Terwyl nooddienste op die toneel besig was, het nog ʼn vragmotor in die ongelukstoneel vasgeploeg en ʼn insleepvoertuig, ʼn brandweerwa en ʼn nooddiensvoertuig getref.” Vier mense is in die tweede ongeluk beseer.

Volgens Mckenzie het daar intussen ʼn derde ongeluk aan die ander kant van die hoofweg plaasgevind. Hy het gesê dit is nog nie duidelik of enigiemand in dié ongeluk beseer is nie.

Maroela Media verneem egter dat ʼn vragmotor ook in die derde ongeluk betrokke was. Dit blyk dat die bestuurder moontlik beheer verloor en die vragmotor teen ʼn wal afgestort het. Die bestuurder is glo beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ken ·

Ek’s al SO gatvol vir hierdie trokke!!! Dis tyd dat die eienaars van trokke begin aanspreeklik gehou word. Hulle is die mense wat trokdrywers aanstel en moet seker maak die goed is bekwaam om trokke te bestuur. Sien elke dag hoe van die ouens ry asof hulle in ‘n gewone motor is.

Jasper ·

Elke keer KZN ! Dankie tog ek hoef nie daardie paaie te gebruik nie.

Rienie ·

Dit is opmerklik die daaglikse ongelukke in KZN, as dit nie trokke is nie, is dit taxies, wonder oor die bevoegdheid van die bestuurders.

Andries ·

Se weer, moet nie net mense se oe toets nie, toets hulle koppe ook. Hier is n groot probleem met spoed op ons paaie. Mense word vir drank getoets maar nie vir dwelms.

Martjha Rudd ·

My antwoord wil ek vandag gee en ek hoop iemand doen iets daaraan, want deesdae ry die trokke hulle nie aanbevele spoed nie hulle ry 120 en soms as mens op doe N1 is en jy ry 120 dan kan jy mos vir jouself dink die trok ry vinner as sy 80 aanbevele spoed dam is die 80 op agterstuk van die trok! Deesdae is daar teveel teok ongelukke!! Ek gis weer gesien 1 van die trokke van n besigheid met UBS of USB op, want hy is te vinnig en ek wil konsentreer op die pad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.