Drie onnies se voertuie op skoolterrein gekaap

Argieffoto: Kent Williamson

Drie Wes-Kaapse onderwysers se voertuie is Maandagoggend deur vyf gewapende mans op ʼn skoolterrein gekaap.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het gesê die voorval het omstreeks 07:40 by die ACJ Phakade-laerskool in Nomzamo naby die Strand plaasgevind.

“Die voorval het gebeur toe hulle by die skool opdaag. Vyf gewapende mans het die perseel binnegekom deur die ingang vir die motors te gebruik, drie onderwysers met vuurwapens aangehou en drie voertuie gesteel.”

Die skool se kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die oortreders die skool binnegekom het ná die onderwysers by die oop hek ingery het.

Schäfer het dié voorval ten sterkste veroordeel. “Niemand is tydens die voorval beseer nie, maar die betrokke onderwysers en die ooggetuies is diep getraumatiseerd. Berading word verskaf,” het Schäfer gesê.

Schäfer het bygevoeg dat dit die vyfde gewapende aanval vandeesmaand op Wes-Kaapse skole is.

Sy het weereens enigiemand met inligting oor dié voorval óf die vorige vier voorvalle gevra om na vore te kom.

“Die meeste skole het toegangsbeheermaatreëls wat misdadigers uit die skole hou, maar dit is duidelik dat [misdadigers] die openings- en sluitingstye van die skole gebruik om die skole binne te kom aangesien die toegangspunte dan oop is.”

Sy het ook ʼn beroep gedoen op die polisie om hul sigbaarheid rondom hoërisikoskole te verhoog veral wanneer dit ʼn aanvang neem en sluit vir die skooldag.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie kan bevestig dat ʼn Toyota Fortuner, Toyota Etios en ʼn Hyundai-motor gesteel is tydens die aanval.

Sake van kaping is aanhangig gemaak. “Die bestuurders se sleutels is met geweld van hulle afgevat.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ferdi ·

Absolute misdaad paradys jy kan doen wat jy wil oor di rooiligte ry misdaad pleeg leka in di nuwe Suid Afrika wa almal vry is om te doen soos hul wil

Felix ·

En waarvoor iets soos 70% voor gevra het. Want Afrikaners luister mos as n NP leier, die burgermeester of dominee gepraat het.

Ek was verkeerd ·

Ek was een van daardie wat vir fw gestem het en het daardeur bygedra tot ons ondergang, en opkoms van misdaad en anargie. Ek maak n gelofte aan God en julle dat ek nooit weer vir liberaliste se leuns sal val nie.

Cherokee ·

Dankie vir jou erkentenis. Min ja-stemmers is so eerlik soos jy. Die ander se verskoning is gewoonlik dat de klerk vir hulle gelieg het en dat hulle nooit kon dink dat dit so sou uitdraai nie. Dìt terwyl voorspellings oor die huidige Suid Afrika in groot baniere teen bome, telefoonpale en mure gepryk het. Vele daarvan het ek self opgerig. Die Nasionale Party het selfs so ver gegaan om die KP te stig as teenvoeter vir die HNP. Die KP het wel die HNP verraai maar darem ook NEE gestem.

Michelle ·

Aanvalle by skole waar kinders, onderwysers en ouers veilig MOET wees is toetaal onaanvaarbaar. Daar moet deur die Dept. van Onderwys opgetree word. Inbrake, diefstalle en gewapende rowe is aan die orde van die dag en ek sien geen maatreëls vanaf die Dept. om ons kinders se veiligheid te verseker nie.

Robert ·

@Felix, Dawid, Ek was verkeerd: ook maar dom as julle jul toekoms op ‘n politikus bou, dan sal julle die vrugte pluk. word groot man en bou jou geloof as jy so iets het. en dis altyd makliker om die vinger na iemand te wys as dinge vir jou skeef loop.

lewies ·

Mense wat dit die minste kan bekostig. Hoop hulle voetuie is verseker. “Sorry…”

R.ROUX ·

Die VYFDE gewapende aanval op skole in ‘n MAAND? Dit is anargie.

Pietman ·

Vergeet van polisiesigbaarheid – ek ry Gauteng plat en sien hulle gewoonlik net oor etensuur by kitskos restaurante.

MG ·

Pietman ek stem saam. Hulle kan nie eens ‘n misdadiger vang nie.

Nettie ·

So, moet ek aanneem dat geeneen van die onderwysers wie se motors gekaap is, hul motors GESLUIT gehou het nie? Want, tensy die vensters stukkend geslaan is, is daar nie ‘n manier wat iemand jou motorsleutels “met geweld” van jou kan wegneem, indien jou voertuig gesluit is van binne nie. En dít, is deesdae net ‘common sense’ om met jou voertuig GESLUIT rond te ry en ook bewus te wees wat om jou aangaan as jy êrens heen gaan, insluitende oppad werk-toe wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.